Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIEBRIEF 2008/16
2008/06/24
Liewe Dominee

 

BESOEK : GIDEON VAN DAM

 

Ds Gideon van Dam van die Nuwe Protestante Kerk Nederland bied gedurende Augustusmaand 'n kursus aan.  Ons nooi u vriendelik uit om hierdie besondere geleentheid by te woon.

 

Meer inligting oor  Gideon van Dam:

 

·         Predikant in diens van die algemene sinode van die Nederlandse Protestantse Kerk (eengeworde Hervormde, Gereformeerde en Lutherse Kerk in Nederland).

·         Sy opdrag is die begeleiding van predikante (werkbegeleiding, mentorprogram, ensovoorts).

·         Hy is aan die Titus Brandsma Instituut in Nijmegen onder prof Kees Waaijman as geestelike begeleier opgelei.

·         Hy is lid van die Europese vakvereniging van geestelike begeleiers.

·         Uit sy pen het 'n paar boeke en artikels in verband met die spiritualiteit en geestelike begeleiding van predikante verskyn waarvan die mees prominente een Dichter bij het Onuitsprekelijke - over geestelike begeleiding voor en door pastores is.

 

Datum:           Maandag 4 Augustus 2008   

 

Tyd:               09:00 vir 09:30 tot 16:00   

 

Plek:              Skuilkrans Gemeente (h/v jan Albertstraat en Cussoniaweg, Lydiana.)  Navrae : Me Tersia Petzer (012) 804 9543

 

Tema:            Die Predikant as Geestelike Begeleier en sy / haar Spiritualiteit

 

Koste:           R200 per persoon (werkboek, verversings en middagete ingesluit)

 

Voltooi asseblief die inskrywingsvorm en pos / faks aan:

Predikantebediening

Posbus 73657

Lynnwoodrif  -  0040

 

Tjeks moet asseblief vir die volle bedrag uitgemaak word aan:

            Kampe en Konferensiefonds Oos-Transvaal.

 

*           Vir direkte inbetalings:  ABSA - Lynnwoodrif

Naam van Rekening : Kampe en Konferensiefonds Oos-Transvaal Rekeningnommer  :         1420 440 339

 

Faks asseblief die depositostrokie na ( 012) 804 9462 met verwysing " 4 Augustus."

 

Sluitingsdatum is 31 Julie 2008.

 

Seënwense.

 

DR JAN BISSCHOFF       


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend