Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/12
2008/06/09
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Liewe broer en suster
NUTTIGE INLIGTING
WERKNEMERBELASTING
Daar het 'n persverklaring in Rapport van 18 Mei 2008, verskyn. Dit het oor die belastingjaar wat op 29 Februarie 2008 geëindig het, gehandel. Die volgende is hieroor van belang:
Werkgewers word versoek om nie nou handgeskrewe IRP5 en IT3(a) sertifikate aan werknemers uit te reik nie. Voltooiing van IRP5 en IT3(a) sertifikate word elektronies, per mikroskyf of per hand by SAID vanaf 1 Julie 2008 gedoen. Hiermee saam word die rekonsiliasie per SAID vorm EMP501 ook elektronies, per mikroskyf of per hand ingedien.
Werkgewers wat die proses per hand wil voltooi, moet na 1 Julie 2008 'n IRP5-inligtingspamflet by SAID verkry.
Werkgewers wat die proses elektronies of per mikroskyf wil voltooi, moet vanaf 1 Julie 2008 die inligting elektronies via www.sarsefiling.co.za verkry.
Belangrike datums vir werkgewers:
Mei 2008 tot 30 Junie 2008 - werkgewers doen voorbereiding, spesifiek identiteits- en belastingverwysingsnommers.
1 Julie 2008 tot 29 Augustus 2008 - werkgewers voltooi EMP501 en IRP5 en IT3(a) sertifikate.
Daar is 'n inbelsentrum 0860 12 12 18 beskikbaar of besoek hul webwerf by www.sars.gov.za.
PERSONEELDIENSGROEP
Hierdie Diensgroep het onlangs toerustingsgeleenthede by 'n aantal plekke aangebied. Die volgende wenke word aan gemeentes gegee:
Een: Wees versigtig met die herstrukturering van vergoedingspakkette. Indien dit oorweeg word, doen dit in oorleg met die plaaslike SAID kantoor.
Twee: Dit is raadsaam om 'n posboek vir amptelike pos te gebruik.
Drie: Indien daar 'n verandering is van die persone wat die fidusiêre verantwoordelikheid in die gemeente beklee, moet die nuwe name aan SAID voorsien word. 'n Vorm is op die webblad van die Sinode beskikbaar.
Vier: Dit is noodsaaklik om 'n inventaris vir meubels en toerusting op te stel wat vir die korttermyn versekering gebruik kan word. Onthou om die vervangingswaardes te gebruik.
Vyf: Personeel wat hulle eie voertuie vir werksdoeleindes gebruik, soos om geld te vervoer of namens die gemeente ritte te onderneem, moet hulle versekering daarvoor aanpas. Die kerkraad behoort vir die bykomende premie voorsiening te maak.
Ses: Personeel wat sekuriteitswerk doen, is vir die kerkrade 'n risiko, tensy hulle daarvoor opgelei is. Meer inligting volg later.
Sewe: Gemeentes moet seker maak dat hulle jaarliks die inligting by die SAID se vrystellings eenheid indien.
Agt: Nuttige inligting is op die Sinode se webwerf beskikbaar: http://www.sinoos.co.za / Bedieninge / Ondersteuningsdiens / Personeel.
Nege: Sorg dat alle personeel 'n maandelikse betaaladvies ontvang, waarin alle aftrekkings aangedui is.
Tien: Aan die begin van elke boekjaar moet alle personeel skriftelik verwittig word van hulle salaris pakket vir die nuwe jaar.
Kontak gerus die Sinode huis oor die sake.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

