Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 166
2010/07/14
FAMILIENUUS 166
Liewe Sinode-familie
Die gezoem van die vuvuzelas het stil geword, maar ons mis die gebeure en opwinding van die sokkerwêreldbeker.
Mag hierdie kwartaal wat binne koninkrykstyd val, vir ons genoeg geleenthede bied om die Evangelie prakties in ons omgewing uit te leef.
Soos gister in Kortnuus 50 berig is, vind die begrafnisdiens van Inza Meiring, vrou van prof Piet Meiring môre om 14:00 in Skuilkrans plaas. Hy was die laaste Moderator - 1995 tot 1999, voordat die Sinode in 'n nuwe struktuur die Voorsitter van die Sinodale Diensraad verkies het, wat ook die sinodesittings gedurende die termyn hanteer.
GEMEENTES
Rietkuil (ngkriet@lantic.net) het op 4 Julie 2010 vir Hennie de Vos as tentmaker bevestig. Welkom binne die Sinode-familie!
Tzaneen-Wolkberg (ngwolk@mweb.co.za) is weer in 'n beroepsproses nadat Fanus Hansen van Potchefstroom-Oos die beroep bedank het.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Badplaas 37 (24/7) en Debruinpark-Ermelo 37 (25/7).
Die Ringe van Barberton, Lydenburg en Lyttelton vergader gedurende die volgende dae.
PREDIKANTE
Lieneke en Johan Neethlingh (lieneke@nggars.org.za) se dogter is op 23 Junie gebore. Sy is Kara Murray Neethling. Geluk ook aan oupa Louis Louw.
PREDIKANTE
Predikantebediening beplan om onder leiding van Jean Strydom en Minette Dempsey 'n Mentorkursus van 17 tot 19 Augustus 2010 aan te bied. Tydens die kursus word aandag gegee aan Persoonlike en Interpersoonlike ontwikkeling en vaardighede asook volledige opleiding om 'n bekwame en bemagtigde mentor te wees. Vir meer inligting kliek hier.
'n Konferensie oor Spiritualiteitstipes word op 24 Julie by Middelburg aangebied. Lees hier vir meer inligting.
VERGADERINGE
Op 21 Julie vergader die Sinodale Diensraad by Pretoria-Oosterlig. Sake wat onder andere aandag geniet is die Sinode se denke oor fondse en die vordering met die projekte ter wille van die gemeentes.
Op 23 Julie vergader die Dagbestuur saam met die Bedieninge se Diensspanne. Die proses en projekbenadering van die Sinode word bespreek sowel as evaluering van die verskillende projekplanne.
Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan Tukkies bied gedurende Julie en Augustus kursusse aan oor: Pastorale sorg en berading; Rentmeesterskap en Finansiële bestuur; Opleiding van Induksie leiers; Kreatiewe veroudering; Getroue getuies; Radio kommunikasie; Gemeentebou; Verbeeldingsberaad; sowel as die Bybel en Sy boodskap. Lees hier meer.
Die Sentrum vir Publieke Teologie aan Tukkies se konferensie 10 tot 12 Augustus handel oor: Violence in the democratic South Africa: A challenge to theology and the churches. Lees meer daaroor.
ALGEMENE SINODE
Kerkspieël 2010 het afgeskop. Die stukke wat vir gemeentes gepos is, behoort hulle teen 16 Julie 2010 te bereik. Lees hier meer.
Op die webwerf van die Algemene Sinode is daar 'n oop gesprek oor diversiteit aan die gang. Lees gerus by www.ngkerk.org.za en neem aan die gesprek deel.
ANDER INLIGTING
Die Hoëveld Sinode nooi jeugwerkers na 'n konferensie: Groei in julle jeug- en gesinsbediening. Dit geskied op 27 en 28 Augustus en die sprekers is Mark DeVries en Andy Root uit die VSA. Meer inligting is hier te vinde.
'n Beeldegroep soek 'n tuiste. Toe die Sinodale Sentrum nog die eiendom van die Kerk was, was daar in die voorportaal 'n beeldegroep gemaak deur Hennie Potgieter. Dit beeld die werk van die Kerk op verskillende terreine uit. Daar is onder andere 'n saaier, die alfa en omega, die kruis, 'n moeder en kind, die sakramente en Woordverkondiging. Hierdie beelde is van brons en die afmetings is ongeveer 3 meter by 8 meter. Dit moet binneshuis aangebring word. Gemeentes wat belangstel om hierdie beeldegroep te huisves, kan die Sinode huis kontak.
VERJAARSDAE
Geluk aan julle wat hier kort na die sokker verjaar.
13 Julie - Henk Janse van Rensburg (Pierre van Ryneveld) e-pos: henk@pvr.co.za
13 Julie - Sampie Niemand (Past Hulp Pierre van Ryneveld) e-pos: sampie@pvr.co.za
26 Julie - Anton Badenhorst (Lux Mundi) e-pos: abadenhorst@luxmundi.org.za
26 Julie - Marina Malan (Termynkontrakleraar Lyttelton-Noord) e-pos: marinamalan@gmail.com
Groete tot 27 Julie 2010.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

