Oostelike Sinode
FAMIELIEBRIEF 2010/8
2010/07/07
7 Julie 2010
Liewe dominee
MENTORKURSUS 17 TOT 19 AUGUSTUS 2010
Predikantebediening beplan om onder leiding van dr Jean Strydom en me Minette Dempsey 'n Mentorkursus van 17 tot 19 Augustus 2010 aan te bied.
Waaroor gaan die kursus?
'n Mentor is iemand wat 'n ander persoon begelei in 'n proses waarin aandag gegee word aan menswees in al sy fasette, veral gerig op die tuiskoms van die ander persoon in 'n beroep of ten opsigte van die uitvoering van 'n taak.
Tydens die kursus word aandag gegee aan Persoonlike en Interpersoonlike ontwikkeling en vaardighede asook volledige opleiding om 'n bekwame en bemagtigde mentor te wees. Vir meer inligting besoek http://www.sinoos.co.za/bedieninge/item/mentorskap
Stel jy belang om opgelei te word as mentor? Dan is hierdie kursus net vir jou. Verdien ook sommer 15 VBO punte!
Datum: 17 Augustus om 12:00 tot 19 Augustus 2010 om 12:30
Registrasie vind plaas om 12:00. Kursus begin stiptelik om 12:30.
Plek: Makarios Trust by Komatipoort
Koste: R400 per persoon (Sluit kursusmateriaal, verblyf, etes en verversings in)
Slegs 'n beperkte aantal kursusgangers kan geakkommodeer word.
Voltooi asseblief die inskrywingsvorm en pos / faks dit nie later as 10 Augustus 2010 terug aan die Sinode huis. Aangeheg die Voorlopige Program en padaanwysings na Makarios Trust.
Vriendelike groete.
Jean Strydom
DR J STRYDOM
DIENSGROEP VIR PREDIKANTE
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

