Oostelike Sinode
FAMILIEBRIEF 2008/7
2008/04/21
PREDIKANTEKONFERENSIE
Die predikantekonferensie vind vanjaar in die Wildtuin by Orpenhek plaas, waar plek in Maroela en Tamboti bespreek is. Ons versoek kerkrade om dit asseblief vir leraarspare moontlik te maak om dit by te woon.
Datum: Maandag 1 September tot Donderdag 4 September 2008.
Tema: HOE GLO ONS IN 'N TYD SOOS HIERDIE?
Spreker: Prof Anton van Niekerk van Stellenbosch
Verblyf: In permanente safaritente met twee of vier opgemaakte beddens en handdoeke. Elke tent is toegerus met 'n waaier en yskassie. Eetgerei en alle ander toerusting wat benodig word, moet asseblief saamgebring word.
Kampeerplek in jou eie tent of woonwa.
Rondawels by Orpen is beskikbaar teen R835-00 per persoon vir die drie nagte saam. Hierdie rondawels beskik oor slaapplek vir twee persone. Geen addisionele persone word toegelaat nie. Dit is ook lugversorg met 'n yskas, stoof, wasbak, eetgerei en beddegoed. Dit beskik ook oor badkamergeriewe.
Koste: Die permanente safaritente kos R440-00 per persoon vir die drie nagte saam. Kinders betaal soos volg: 2 - 11 jaar: R128-00 vir die drie nagte saam.
Kampeerplekke is R455-00 per staanplek vir die eerste twee persone vir die drie nagte saam. Elke bykomende persoon betaal R178-00 vir die drie nagte saam. Bykomende kinders (2 - 11 jaar) betaal R78-00 vir die drie nagte saam.
Die bedrae sluit akkommodasie vir drie nagte, uitgawes aan die spreker , huur van die ouditorium en slaai, pap en sous vir die bring-en-braai in.
Let asseblief daarop dat 'n dagtarief van R 33-00 per persoon per dag betaalbaar is. U is self verantwoordelik vir die dagtarief. Hierdie bedrag is by die hek betaalbaar.
Bring en Braai: Die eerste aand bring en braai ons weer almal saam.
Voltooi asseblief meegaande inskrywingsvorm en pos aan:
Predikantebediening
Posbus 73657
Lynnwoodrif - 0040
* Tjeks moet asseblief vir die volle bedrag uitgemaak word aan:
Kampe en Konferensiefonds Oos-Transvaal.
* Vir direkte inbetalings: ABSA - Lynnwoodrif - Rekeningnommer 1420 440 339 en faks asseblief die depositostrokie na ( 012) 804 9462 - Aandag: Tersia.
* Let wel: Geen telefoniese besprekings sal gedoen word nie.
* Indien u 'n paar dae voor die tyd wil gaan of langer bly, moet u asseblief self die bespreking doen. Die telefoonnommer by die Parkeraad is (012) 426 5025.
Sluitingsdatum is 1 Julie 2008.
Seënwense.
DR LOUIS LOUW
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

