Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Woordwyser vir 04/02/12
EPIFANIE

Epifanie

WAT IS EPIFANIE?

Die woord "epifanie" beteken letterlik "openbaarmaking" of "verskyning" en word spesifiek gebruik om na 'n goddelike wese te verwys. Epifanie is dus die openbaarmaking of verskyning van God in menslike vorm. Jesus se eerste wonderwerk (die verandering van water in wyn in Johannes 2:1-11) word veral aan hierdie fees gekoppel aangesien dit eerste keer is dat Hy sy Goddelike natuur as 't ware "gewys" het. Die besoek van die wyse manne en die geskenke wat hulle gebring het, word ook met Epifanie in verband gebring aangesien hulle deur hulle optrede die goddelike natuur van Jesus geopenbaar het.

WANNEER VIER ONS EPIFANIE?

Epifanie word elke jaar op dieselfde dag gevier, naamlik 6 Januarie.

DIE KLEURE VAN EPIFANIE

Die kleure van Kersfees is ook die kleure van Epifanie, naamlik wit en goud.

DIE TYD NÁ EPIFANIE

Die tyd tussen Epifanie en Lydenstyd fokus op die aardse bediening van Jesus voordat Hy na Jerusalem begin reis het. In die kerklike jaar word die eerste Sondag ná Epifanie gebruik om Jesus se doop, dit wil sê die begin van sy openbare bediening, te vier en die laaste Sondag voor Lydenstyd word gebruik om Jesus se verheerliking op die berg te herdenk. Ná die verheerliking op die berg begin die eintlike lydensverhaal volgens die vertelling van die drie sinoptiese Evangelies, Matteus, Markus en Lukas. Tussen hierdie twee Sondae word aandag gegee aan dit wat Jesus gedoen het terwyl as Hy mens op aarde was.

Dit is nie korrek van "Epifanietyd" om te praat nie aangesien die woord Epifanie na 'n enkele dag verwys. Ons praat van die tyd ná Epifanie en die Sondae in hierdie tyd word "Eerste, Tweede, Derde ... Sondag ná Epifanie" genoem.

Kalendar
Nuus
FAMILIEBRIEF 2012/6
1 Februarie 2012   GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE   Liewe broer en suster   DIE DOOP EN DIE ALGEMENE SINODE 2011   Die Sinodale Diensraad het vyf gemeentes se verteenwoordigers gehelp om 'n beskrywingspunt oor &....

FAMILIEBRIEF 2012/5
1 Februarie 2012   GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE   Liewe broer en suster   BESLUITE ALGEMENE SINODE 2011   Hiermee word 'n uittreksel van die besluite van die Algemene Sinode aan gemeentes gestuur.  Hierdi....

DIE BELYDENIS VAN BELHAR
Die Belydenis van Belhar 1986. lees meer...
PERSONEELAANGELEENTHEDE
Die toepaslike inligting met betrekking tot die volgende aspekte word beskikbaar gestel deur op elke aspek te kliek. Om te druk nadat oopgemaak is, d.... lees meer...