Oostelike Sinode
Betrekkinge van die kerk na buite
Familiereëls » Betrekkinge van die kerk na buite
HOOFSTUK
6
BETREKKINGE
VAN DIE KERK
6.1 KERK EN
STAAT
Artikel
67
67.1 In die lig van Romeine
13 erken die Kerk die staat as 'n dienaar van God tot ons beswil. Dit is God wat aan die staat die opdrag
gegee het om die reg te handhaaf en die kwaaddoeners te
straf.
67.2 Die Kerk erken dat die
staatsowerheid wat deur sy fisiese swaardmag in beheer van 'n bepaalde
staatsgebied is, deur God beskik is en as sodanig eerbiedig moet word. Die norm vir die Kerk se deelname aan
die publieke regsverkeer en uitoefening van burgerlike regte is die Woord van
God.
67.3 Christus is die Hoof
van die Kerk. Daarom beskou die
Kerk sy reg op vryheid van godsdiens, wat sy Bybels-profetiese getuienis teenoor
die staatsowerheid en die wêreld waarin hy staan, insluit, as onvervreembaar. In
die uitoefening hiervan maak hy aanspraak op die regsbepaalde beskerming van die
owerheid.
67.4 Die Kerk nader
staatsowerhede op alle vlakke op 'n ordelike wyse. Hierdie skakeling word gedoen deur sy
erkende kerkvergaderings of die kommissies wat hulle daarvoor aanwys. Skakeling oor sake wat die Kerk in sy
algemene sinodale verband raak, geskied deur die Algemene Sinode of sy betrokke
kommissie. Skakeling sonder 'n
opdrag van die Algemene Sinode geskied deur die betrokke kommissie in oorleg met
die Moderamen.
6.2 KERK,
MAATSKAPPY
EN VRYE VERENIGING
Artikel
68
Waar
moontlik, verleen die Kerk steun aan maatskaplike, nie-kerklike organisasies wat
op 'n positiewe Christelike basis georganiseer is en daarop gemik is om die
koninkryk van God te bevorder.
Hierdie steun geskied vanuit 'n kerklike perspektief en op 'n kerklike
wyse. Die vraag of 'n bepaalde
organisasie kan aanspraak maak op die steun van die Kerk, hang af van sy
grondslag en doelstellings en die uitlewing daarvan in die
praktyk.
6.3 KERK EN
ONDERWYS
Artikel
69
69.1 Die Kerk beywer hom
daarvoor dat die Woord van God en Protestants-Christelike norme en waardes
rigtinggewend sal wees in onderwys‑ en opvoedkundige instellings en ook vir die
kultuuridioom waarin die onderwys plaasvind.
69.2 Die Kerk erken die
interne bevoegdheid van onderwysinstellings om tipiese onderwysaangeleenthede
(standaarde, leerinhoude, ensovoorts) te finaliseer.
69.3 Die Kerk beywer hom vir
Christelike opvoeding en onderwys vir sy kinders en jongmense. Hierdie onderwys
moet verantwoorde standaarde en leerinhoude insluit.
6.4 KERK EN EKUMENIESE
BETREKKING
Artikel
70
70.1 Die Kerk streef daarna
om deur middel van sy vergaderinge op 'n verantwoorde wyse met ander Christelike
kerke saam te werk, 'n gemeenskaplike boodskap uit te dra en saam te stry vir
die behoud van Christelike lewensbeginsels.
70.2 Die Algemene Sinode
bepaal die aard en graad van die betrekkinge met ander Kerke of Kerkgemeenskappe
deur middel van 'n gewone meerderheidstem.
70.3 Die graad en wyse van
samewerking word in elke geval bepaal deur die graad van ooreenstemming ten
opsigte van belydenis, kerkregering, erediens en die siening van die Christelike
lewenswandel van die betrokke kerk.
70.4 Die besluit oor 'n
aansoek of beëindiging van lidmaatskap van 'n ekumeniese organisasie word geneem
met 'n tweederdemeerderheidstem van die Algemene Sinode.
Besluite
by Artikel 70
EKUMENIESE
BELEID
70b.1 UITGANGSPUNTE
Hierdie uitgangspunte moet
saam gelees word met die volgende: (i)
Die Reglement: Die NG Kerk en ander Christelike Kerke en Groepe (Kerkorde
1998, Reglement 21); (ii) Agenda Algemene Sinode 1994:66, punt
14.2.1-14.2.5; (iii) Die Ekumeniese
Beleid. Agenda Algemene Sinode
1990:61-64, Handelinge Algemene Sinode, 1990:546-549.
70b.1.1 Die Kerk van Christus is wêreldwyd
één.
70b.1.2 Die Kerk van Christus is oor die grense van
plek en tyd één.
70b.1.3 Eenheid is 'n gawe aan en 'n roeping vir die
Kerk
Hierdie taak word veral ook op plaaslike vlak volvoer hier word die
kragtigste getuienis van eenheid tot stand gebring. Plaaslike Kerke streef daarna om met die
ware kerk van Christus (NGB Artikel 29) saam te aanbid, te getuig en te
werk.
70b.1.4 Eenheid en
verskeidenheid
Eenheid is nie eendersheid nie.
Die verskeidenheid van volke, tale, gebruike en kulture moet erken
word. Ook die gevolglike ryk
verskeidenheid in aanbidding, konfessionele uitdrukkings, formuliere en
kerkstrukture. Die verskeidenheid
mag egter nie tot geskeidenheid lei
nie dit is 'n verskeidenheid in die eenheid van Christus se
Kerk.
70b.1.5 Eenheid in
waarheid
Kerke streef daarna om saam die waarheid van die Woord van die Here, wat
nie ter wille van eenheid prysgegee moet word nie, te
soek.
70b.2 DIE NG KERK EN EKUMENIESE
BETREKKINGE, BILATERAAL EN MULTI- LATERAAL
(EKUMENIES)
70b.2.1 Die NG Kerk (Algemene Sinode) wil aktief
bilaterale (een-tot-een) verhoudinge met ander Christelike Kerke (denominasies)
aanknoop, handhaaf en bevorder,
beide op nasionale en internasionale vlak.
70b.2.2 Oor die Kerke met wie bilaterale verhoudinge
aangegaan word en die aard en graad van elke verhouding besluit die Algemene
Sinode op onder meer aanbeveling van sy Ekumeniese Kommissie ('n subkommissie
van die Moderamen).
70b.2.3 Die NG Kerk wil ook sy roeping tot die eenheid
van die Kerk bevorder en handhaaf deur in nasionale en internasionale ekumeniese
organisasies en liggame op 'n multilaterale vlak (ekumenies) met ander Kerke en
organisasies in verhouding te tree.
70b.2.4 Oor die ekumeniese organisasies of liggame met
wie in verbinding getree word, die aard en graad van die multilaterale
betrekkinge besluit die Algemene Sinode op aanbeveling van onder meer sy
Ekumeniese Kommissie.
70b.3 BILATERALE KERKLIKE
VERHOUDINGE
Bilaterale kerklike
betrekkinge met ander Kerke (nasionaal of internasionaal) kan bestaan
uit:
* Volle
verhoudinge
*
Gedeeltelike verhoudinge
*
Dialoogverhoudinge
*
Insidentele kontakverhoudinge
70b.3.1 Volle verhoudinge
70b.3.1.1 Die omvang van volle
verhoudinge
'n Volle verhouding met 'n
ander Kerk behels die volgende:
*1
Dit is 'n verhouding met 'n ander Kerk van Gereformeerde
belydenis
*2
Die volle verhouding behels:
*2.1 die stuur
van afgevaardigdes na mekaar se Sinodes
*2.2 die toelaat
van leraars op mekaar se kansels
*2.3 die toelaat
van mekaar se lidmate tot die nagmaalstafel
*2.4
gesamentlike optrede op terreine van gemeenskaplike
verantwoordelikheid
*2.5
kommunikasie met mekaar oor sake van gemeenskaplike belang en
kommer
*2.6 wedersydse
opsig oor en sorg vir mekaar as Kerke ten einde die eenheid van die Kerk te
bevorder
*2.7 die
pastorale versorging van mekaar se lidmate wanneer hulle binne die grense van
mekaar se kerke vestig
*2.8 die
wedersydse erkenning van mekaar se teologiese opleiding en gevolglike
oor-en-weer beroepbaarheid van leraars met inagneming van spesifieke vereistes
wat 'n Kerk kan stel.
70b.3.1.2 Die Ekumeniese Kommissie sien toe
dat die bepalings van 'n volle verhouding met 'n Kerk namens die NG Kerk in 'n
ooreenkoms neerslag vind en nagekom word.
70b.3.1.3 Die Ekumeniese Kommissie bly op
hoogte van ontwikkelinge in dié Kerke met wie die NG Kerk volle verhoudinge het
en lig die Algemene Sinode gereeld daaroor in.
70b.3.1.4 Die Ekumeniese Kommissie adviseer
die Algemene Sinode oor die Kerke met wie volle verhoudinge aangegaan en
volgehou kan word.
70b.3.1.5 Indien alle aspekte van 'n volle
kerklike verhouding vanweë praktiese omstandighede nie gerealiseer kan word nie,
kan volle betrekkinge ten opsigte van sommige aspekte aangegaan word. Die doel moet steeds volle betrekkinge
ten opsigte van alle fasette wees.
70b.3.2 Gedeeltelike
verhoudinge
70b.3.2.1 Die NG Kerk streef daarna om
gedeeltelike kerklike verhoudinge na te streef en aan te gaan met Kerke van
Gereformeerde oortuiging met wie die NG Kerk nie in volle verhouding staan
nie.
70b.3.2.2 Voorwaardes vir die aangaan van 'n
gedeeltelike kerklike verhouding is:
*1 Wedersydse
erkenning van 'n gemeenskaplike basis in Gereformeerde geloofsoortuiginge soos
uitgedruk in reformatoriese belydenisskrifte.
*2 'n Wedersydse
begeerte om 'n kerklike verhouding aan te gaan.
70b.3.2.3 'n Gedeeltelike verhouding word
aangegaan met die veronderstelling dat dit tot 'n volle kerklike verhouding kan
lei.
70b.3.2.4 Samewerkingsooreenkomste,
gesamentlike optrede ten opsigte van gemeenskaplike verantwoordelikhede,
voortgaande kommunikasie oor sake van gemeenskaplike kommer en wedersydse sorg
vir mekaar se lidmate indien daartoe versoek, is moontlik met Kerke met wie die
NG Kerk in 'n gedeeltelike verhouding staan.
70b.3.2.5 Die Ekumeniese Kommissie
identifiseer met verantwoording aan die Algemene Sinode die Kerke met wie die NG
Kerk gedeeltelike verhoudinge wil aangaan en is, indien nodig, namens die NG
Kerk verantwoordelik vir die samewerkingsooreenkomste, gesamentlike optredes,
voortgaande kommunikasie en die implementering van die wedersydse versorging van
lidmate indien daartoe versoek.
70b.3.2.6 Die Ekumeniese Kommissie adviseer
die Algemene Sinode wanneer 'n gedeeltelike verhouding kan oorgaan in 'n volle
verhouding.
70b.3.3
Dialoogverhoudinge
70b.3.3.1 Die NG Kerk streef daarna om deur
die Ekumeniese Kommissie in gereelde dialoog te tree met 'n wye verskeidenheid
Kerke wat nie noodwendig dieselfde belydenisgrondslag of standpunte het nie ten
einde ingelig te word oor hulle kerklike lewe, verhoudinge en
standpunte.
70b.3.3.2 Die Ekumeniese Kommissie
identifiseer die Kerke en voer die gesprekke op 'n gereelde basis met
verantwoording aan die Algemene Sinode.
70b.3.3.3 Benewens dat die dialoog kan lei
tot gedeeltelike of volle kerklike verhoudinge, kan die gesprekke ook op kort
termyn die moontlikhede van samewerking, gesamentlike optredes en kommunikasie
oor sake van gemeenskaplike kommer oorweeg en soos nodig verder
voer.
70b.3.4 Kontakverhoudinge
70b.3.4.1 Die NG Kerk wil ook die roeping tot
ekumene uitvoer deur na luid van behoeftes, omstandighede en geleenthede,
insidentele kontak op te neem met ander Kerke.
70b.3.4.2 Die kontakverhoudinge word deur die
Ekumeniese Kommissie behartig met verantwoording aan die Algemene
Sinode.
70b.4 MULTILATERALE KERKLIKE
VERHOUDINGE
70b.4.1 Die NG Kerk wil sy ekumeniese roeping bevorder
en uitbou deur:
70b.4.1.1 deel te wees van ekumeniese
organisasies waar die Kerk met ander Gereformeerde Kerke kan
saamwerk;
70b.4.1.2 deel te neem aan ekumeniese
organisasies, geselskappe en verenigings wat die Kerk sal toelaat om die
ekumeniese verantwoordelikhede wyd, effektief en doeltreffend na te
kom;
70b.4.1.3 verhoudinge met ekumeniese
organisasies te ontwikkel.
70b.4.2 Oor die aard, graad en omvang van deelname aan
'n multilaterale ekumeniese organisasie, geselskap of vereniging, besluit die
Algemene Sinode na 'n bestudering van die aard van 'n betrokke ekumeniese
organisasie soos dit gevind en gedemonstreer word in die grondwet, basiese
uitgangspunte, verklarings, aktiwiteite en optredes van elke organisasie. Die Ekumeniese Kommissie adviseer die
Algemene Sinode hierin.
70b.4.3 Grade van betrokkenheid by multilaterale
organisasies kan, wat die NG Kerk betref, die volgende
behels:
*1 volle lidmaatskap dit wil sê volle
deelname, verkiesbaarheid tot
ampte, aanvaarding van medeverantwoordelikheid vir besluite en
aksies.
*2 waarnemerlidmaatskap dit wil sê die
Kerk neem net die handelinge en optredes van die betrokke organisasie
waar en aanvaar nie verantwoordelikheid vir besluite en optredes nie; is ook nie
verkiesbaar tot enige ampte nie.
70b.5 DIE EKUMENIESE
KOMMISSIE
70b.5.1
Die Ekumeniese Kommissie word deur die Moderamen saamgestel en rapporteer
aan die Algemene Sinode deur die Moderamen.
70b.5.2 Ooreenkomstig die uitgangspunte van die NG Kerk
vir ekumeniese betrekkinge en ander besluite van die Algemene Sinode, dra die
Algemene Sinode dit op aan die Ekumeniese Kommissie om belangstelling in en
verhoudinge met die Kerk van Christus wêreldwyd (nasionaal en internasionaal) te
handhaaf en te bevorder.
70b.5.3 Die taak van die Ekumeniese Kommissie in
bilaterale verhoudinge
70b.5.3.1 Die taak van die Ekumeniese
Kommissie met betrekking tot Kerke met wie die NG Kerk in volle verhouding
is:
*1 Die Ekumeniese
Kommissie identifiseer Kerke met wie die Algemene Sinode in volle verhoudinge
kan tree en adviseer die Algemene Sinode daaroor.
*2 Die Ekumeniese
Kommissie handhaaf noue en voortgesette verhoudinge met dié Kerke met wie die
Algemene Sinode besluit het om in volle verhouding te
tree.
*3 Die Ekumeniese
Kommissie bly ingelig oor ontwikkelinge in dié Kerke met wie die Algemene Sinode
volle verhoudinge aangegaan het en lig ook die Algemene Sinode dienooreenkomstig
in.
*4 Benewens die
normale spektrum van vol verhoudinge beveel die Ekumeniese Kommissie by die
Algemene Sinode aan watter spesifieke soort vol verhoudinge met elke Kerk
aangegaan moet word.
70b.5.3.2 Die taak van die Ekumeniese
Kommissie met betrekking tot gedeeltelike verhoudinge
*1 Die Ekumeniese
Kommissie identifiseer Kerke met wie die NG Kerk gedeeltelike verhoudinge wil
aangaan en adviseer die Algemene Sinode daaroor.
*2 Die Ekumeniese
Kommissie inisieer en/of maak kontak met Kerke met wie die NG Kerk gedeeltelike
verhoudinge sou kon aangaan. In
hierdie proses kan van die volgende gebruik gemaak
word:
*2.1 uitnodigings dat daar wedersyds
afgevaardigdes na mekaar se Algemene Sinodes (of die ekwivalent) gestuur word,
waar die afgevaardigdes erken word en geleentheid kry om verteenwoordigers van
die Kerk te ontmoet. Die NG Kerk
sou ook aan die afgevaardigde van die ander Kerk geleentheid kon gee om kortliks
groete oor te dra;
*2.2 indien daar nie van wedersydse ekumeniese
afgevaardigdes gebruik gemaak word nie, kan daar per skrywe gekommunikeer word
verslag word aan die Algemene Sinode gedoen;
*2.3 daar kan ook wedersyds van persone of
instellinge gebruik gemaak word wat per geleentheid by 'n Kerk kan besoek
aflê;
*2.4 die gereelde stuur van agendas,
handelinge, die kerkorde en ander amptelike dokumente aan die ander
Kerk;
*2.5 die Ekumeniese Kommissie moet steeds ook
weë bedink waarop die NG Kerk tot diens kan wees en dit onder die aandag van die
ander Kerk(e) bring soos byvoorbeeld geleenthede vir opleiding van leraars en
ander werkkragte, beskikbaarheid van onderrigmateriaal, of enige ander vorm van
diens wat die NG Kerk sou kon lewer.
Daar moet ook kennis geneem word van die dienste wat ander Kerke sou kon
lewer.
70b.5.3.3 Die taak van die Ekumeniese
Kommissie met betrekking tot Kerke met wie die NG Kerk in dialoog/ kontak
is.
In uitvoering van die standpunt van die NG Kerk om betrekkinge met ander
Kerke te bevorder en te handhaaf, gee die Ekumeniese Kommissie deur studie en
kontak soos die geleentheid hom voordoen uitvoering aan die beleidstandpunt
van die Kerk. Dit gebeur deur
dialoog of ander vorme van kontak met:
*1 Kerke wat
belangstel om een of ander vorm van betrekking aan te
gaan;
*2 Kerke wat
spesifiek met die NG Kerk 'n betrekking wil aangaan;
*3 Kerke wat hulle
bande met die NG Kerk verbreek het of hulle om een of ander rede teruggetrek het
uit 'n vorige verhouding;
*4 Kerke van
verskillende historiese of konfessionele agtergronde wat bereid is om sake van
gemeenskaplike belang of oor sake wat opklaring verg, te praat of te
kommunikeer.
70b.5.3.4 Die taak van die Ekumeniese
Kommissie met betrekking tot multilaterale verhoudinge
*1 Die Ekumeniese
Kommissie dien as kontakliggaam van die NG Kerk met ekumeniese
organisasies.
*2 Die Ekumeniese
Kommissie dien as die skakelligaam tussen die NG Kerk en dié ekumeniese liggame
of organisasies met wie die NG Kerk betrekkinge het. Ten opsigte van hierdie
liggame/organisasies moet die Ekumeniese Kommissie:
*2.1 hulle aktiwiteite bestudeer en die
Algemene Sinode met 'n verslag en aanbevelings dien;
*2.2 persone identifiseer wat die NG Kerk by
die onderskeie organisasies/liggame verteenwoordig.
*3 Die Ekumeniese
Kommissie stel ondersoek in na verskillende ekumeniese organisasies, neem dit
waar, bestudeer dit en doen daaroor aan die Algemene Sinode
verslag.
70b.6 DIE STAND VAN SAKE VAN DIE NG
KERK SE EKUMENIESE BETREKKINGE
Onderstaande is die stand van
sake in Oktober 2004. Die Algemene
Sinode sal gereeld op hoogte gehou word van die toedrag van
sake.
70b.6.1 Kerke met wie die NG Kerk in vol betrekkinge
staan
70b.6.1.1 Die Familie van NG Kerke in
Suid-Afrika.
70b.6.1.2 Die NG Kerk staan in 'n besondere
betrekking met die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Gereformeerde
Kerke in Suid-Afrika, wat vir die huidige uitdrukking vind in die Tussenkerklike
Raad.
70b.6.1.3 Die NG Kerk staan in 'n besondere
betrekking met die lede van die NG Kerkfamilie buite SA wat vir die huidige
uitdrukking vind in die Federale Raad.
70b.6.2 Ander Kerke met wie die NG Kerk in vol
betrekking staan
70b.6.2.1 Christian Reformed Church in North
America
70b.6.2.2 Christian Reformed Churches of
Australia
70b.6.2.3 Reformed Church in
Japan
70b.6.3 Kerke met wie die NG Kerk in dialoog
is
70b.6.3.1 Evangelische Kirche
Deutschland
70b.6.3.2 Apostoliese Geloof Sending van
Suid-Afrika
70b.6.3.3 Methodist
Church
70b.6.3.4 Uniting Presbyterian Church in
Southern Africa
70b.6.3.5 Rooms-Katolieke Kerk van
Suid-Afrika
70b.6.3.6 Afrikaanse Protestantse
Kerk
70b.6.3.7 Gereformeerde Kerke van die
Nederlande
70b.6.3.8 Church of England in South
Africa
70b.6.3.9 Church of the Province of Southern
Africa
70b.6.3.10 Federasie van Switserse
Protestantse Kerke
70b.6.4 Multilaterale
verhouding
70b.6.4.1 Volle
lidmaatskap
*1 Gereformeerde
Ekumeniese Raad (GER)
*2 Wêreldbond van
Gereformeerde Kerke (WBGK)
*3 Suid-Afrikaanse
Bond van Gereformeerde Kerke (SABGK)
*4 Federale Raad van
die NG Kerkfamilie
*5 Konvent van
Reformatoriese Kerke
*6 Tussenkerklike
Raad (
*7 Suid-Afrikaanse
Raad van Kerke (SARK)
*8 Alliance of
Reformed Churches in Africa (ARCA)
*9 The Evangelical
Alliance (TEASA)

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

