Oostelike Sinode
Teken in op e-dagstukkies
Die Bybel is vinnig besig om 'n vergete boek in die kerk te word.Al word daar Sondag na Sondag uit die Bybel gepreek en die een Bybelstudie na die ander aangebied, kom die Bybel self nie altyd op die regte manier aan die woord nie.
Miskien is dit die rede hoekom daar tans minder Bybels wêreldwyd verkoop as al die geestelike boeke oor die Bybel! Party mense dink dat die Bybel uit 'n klompie losstaande tekste en gedagtes bestaan wat jy daar kan uithaal en dan direk op jou eie situasie toepas.
Dikwels word Bybeltekse bloot op hulle gevoelswaarde af verstaan, sonder deeglike kennis van die eie aard van die Bybel self.Ons as gelowiges moet dit egter reg lees.
Die heel maklikste manier is natuurlik om heel voor met elke Bybelboek te begin en dit dan stelselmatig deur te lees.Immers, dis presies hoe die verskillende Bybelskrywers met ons wil praat.Lukas het mos nie eers hoofstuk 16 van sy evangelie geskryf, en daarna hoofstuk 5 en toe weer hoofstuk 12 nie.
Nee, hy het regtig by hoofstuk 1 begin en eers aan die einde van hoofstuk 24 sy pen neergesit. Mens kan 'n Bybelboek daarom net na behore verstaan as jy dit op die manier lees en bestudeer waarop die oorspronklike outeur(s) dit geskryf het.
In hierdie aangrypende leesprogram, gaan jy begelei word om die Bybel weer reg te lees. Jy gaan opnuut deel word van God se groot verhale wat stap vir stap ontvou in die verskillende Bybelboeke. Hierdie verhale is so aangrypend dat die skrywers dit nie binne 'n paar woorde of sinne kon klaar vertel nie.
Nee, hulle het paragrawe, hoofstukke, boeke, ja op die ou end selfs Testamente, nodig gehad. As jy begin om saam met elke Bybelskrywer op hierdie pad te stap, sal jy beter verstaan wat God regtig vir ons wil sê.
Dan begin die Bybel weer om die "stilte van al ons menslike gepraat" met lewende woorde te deurbreek.
Geniet dit om die Bybel self te lees - ja, reg te lees!
Deur in te teken op die e-dagstukkies @ R50,00 per jaar, ontvang jy elke dag 'n dagstukkie vir 365 dae, en sodoende gaan die Bybel deurgelees word.
Voorwoord uit Woordwyser 2001 geskryf die Prof Stephan Joubert
VUL INSKRYWINGSVORM HIER ONDER IN OM IN TE TEKEN:-

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

