Oostelike Sinode
Bedieninge » Onderlinge Sorg » Jeugbediening » WERKSWINKEL VIR JEUGPREDIKANTE / JEUGWERKERS
WERKSWINKEL VIR JEUGPREDIKANTE / JEUGWERKERS
2010/02/25
24 Februarie 2010
GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE
Beste Dominee / Jeugwerker
WERKSWINKEL VIR JEUGPREDIKANTE / JEUGWERKERS
'n Werkswinkel vir Jeugpredikante / Jeugwerkers vind plaas by Badplaas.
Datum : Maandag 15 tot Woensdag 17 Maart 2010
Program : Tentatiewe program aangeheg
Spreker : Jimi le Roux
(Jimi is tans verbonde aan Mosaïek gemeente in die Kaap)
Verblyf word gereël by die NG Gemeente Badplaas. Neem asseblief net jou eie kussing, beddegoed en handdoeke saam. Natuurlik is Christene altyd gerat met die Bybel in enige vorm en iets waarmee jy kan skryf. Verversings / etes sal voorsien word. Jy is verantwoordelik vir jou reiskoste. Tref asseblief jou reis reëlings so, dat ons Maandag stiptelik om 14:00 kan begin. Ons beplan om Woensdag om 13:00 af te sluit. Laat weet asseblief vir Tersia by die Sinode huis teen Woensdag 10 Maart 2010 of jy hierdie geleentheid sal kan bywoon. Jy kan ook by haar navraag doen oor saamry geleenthede.
Hierdie geleentheid is vir die wat dit bywoon 'n kosbare geleentheid in die jaar - moet dit nie misloop nie. Ons wil jou baie graag ontmoet!
Vriendelike groete vanaf die Diensgroep vir die Jeug.
Christo Hardus
DS CHRISTO HERBST DS HARDUS VAN NIEKERK
KOÖRDINEERDER
|
OOSTELIKE SINODE
DIENSGROEP VIR JEUG
P R O G R A M
WERKSWINKEL VIR JEUGPREDIKANTE EN JEUGWERKERS
BY BADPLAAS
15 TOT 17 MAART 2010
|
Maandag
13:00 - 14:00 - Arriveer, ete, ensovoorts
14:00 - 15:30 - Leer mekaar
15:30 - 16:00 - Bene rek en koffie
16:00 - 18:00 - SPANBOU
18:00 - 19:00 - Ete
19:00 - 21:00 - SESSIE
21:00 - tot laat - Kuier en koffie
Dinsdag
08:00 - 08:30 - Koffie en beskuit
08:30 -10:00 - SESSIE
10:00 - 11:00 - Brunch
11:00 - 12:30 - SESSIE
12:30 - 14:00 - Ontspan
14:00 - 16:00 - SESSIE
17:00 - 18:00 - Ontspan en iets te ete
18:00 - 19:30 - SESSIE
19:30 - 20:00 - Bene rek
20:00 - 21:00 - SESSIE
21:00 - tot laat - Ontspan - Swembad toe!!
Woensdag
08:00 - 09:00 - Koffie en beskuit
09:00 - 10:30 - SESSIE
10:30 - 11:00 - Bene rek
11:00 - 12:30 - SESSIE
12:30 - Afsluiting van verrigtinge
Ligte middagete
HUIS TOE!
BAIE DANKIE VIR JOU TEENWOORDIGHEID

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

