Oostelike Sinode
Bedieninge » Onderlinge Sorg » Mannebediening » WERKSWINKEL BY MAKARIOS TRUST
WERKSWINKEL BY MAKARIOS TRUST
2009/09/29
VERSLAG OOSTELIKE SINODE MANNEWERKSGROEP 11 TOT 13 SEPTEMBER 2009 BY MAKARIOS

15 manne van 7 gemeentes woon die Sinodale mannekamp by die natuurskone Makarioskampterrein naby Komatipoort by.
Gedagtes van die manne oor die algemeen was:
Manne begin vroeg opstaan en hulle beïnvloeding werk deur na gesin en werksplek. Hulle steeK mekaar aan met hulle entoesiasme (André Myburgh – Piet Retief).
Ekself het aanvanklik weerstand teen die mannebediening gehad maar skielik is ek saam met 70 manne wat net soos ek voel, met die Bybel as bron van wysheid. Hier het ek die geleentheid om saam met ander manne te leer (Pieter van der Vyver – Elarduspark).
Die mannebediening is manne wat dien, manne wat gemobiliseer is en wat prakties raak rondom die Woord van die Here oor dinge soos finansies en ander goed waarmee mans :struggle”. Ons moet die volgende geslag bereik en beïnvloed (Reniel Engelbrecht – Lux Mundi).
Dissipelskap is die fokus van die manne en dit gaan oor informele verhoudings. Die nuwe generasie met groot gemaak word met God se Woord as basis. Ons moet praat oor prioriteite, innerlike genesing en geestelike groei (Willem Nortjé – Komatipoort).
Ek beleef ‘n entoesiasme by die manne in hulle soeke na die ‘gereedskap’ van die lewe terwyl ons oppad is na ons ewige bestemming. Ons moet ons harte oopmaak teenoor mekaar en ons stories vertel (Kobus Humphries – Warmbad).
Dis vir my belangrik dat ons as pa’s sal uitvind wat is ons verantwoordelikhede sodat ons geestelike leiding met ons voorbeeld aan ons kinders kan gee (Kallie Roux – Pretoria Oosterlig).
Mense kyk op na ‘radikale’ manne. Een man beïnvloed ander manne. Dis lekker as die manne daar by Wimpy saam bid. Ek beleef ‘n ‘boldness’ by die manne! (Stephan Britz – Piet Retief).
Ek wil dankie sê vir die manne se inisiatief. Dis lekker om te kan getuig van die manne se diensbaarheid, hulle gemotiveerdheid en hulle passie. Daar het iets met die manne gebeur en dit raak hulle gesinne! (Roelf van Niekerk – Piet Retief).
Die manne kom in gehoorsaamheid na vore. Hulle luister na die stem van die Heilige Gees. Hulle is vaandeldraers! (Werner Potgieter – Piet Retief).
Opsomming:
Die manne soek praktiese goed, sinvolheid in die lewe en wil graag self met die Woord van God besig wees. 'n Bediening moet ook volhoubaar wees en in gebed moet daar opreg na die leiding van die Heilige Gees gesoek word. Dit kan nie verpligtend wees nie maar moet gerig wees op die verskillende gawes.
Mentorskap is baie belangrik. Ons moet as manne betrokke wees by die jonger manne en kinders. Dit kan gedoen word deur naweekkampe of ‘n lekker kuier rondom ‘n braaivleisvuur.
Die reaksie van die manne wat die mannegespreksgroepkamp by Makarios bygewoon het, het dit baie positief ervaar. Opmerkings soos die volgende is gemaak: “Ek het ‘n vergadaring verwag maar iets anders beleef en baie geleer wat ek prakties kan gaan toepas.” Ek is spyt dat die ander manne nie hier was nie. Ek het baie geleer en gaan geïnspireerd terug met ‘n visie om die ‘kers aan die brand te gaan steek!” “Elke kamp is ‘n unieke ervaring. Dis ‘n fees om ‘n christen te wees!” “Daar is manne wat wag aan die anderkant van my gehoorsaamheid!”
Dit wil maar net sê dat daar rêrig ‘n behoefte is aan die mannebediening en dat dit iets is wat uitgebou kan word as deel van die uitbreiding van God se koninkryk op aarde, en dit “des te meer ons die wederkoms sien naderkom!”
Ons beplan om vroeg in 2010 iets te beplan soos ‘n eendag werkswinkel op ‘n sentrale plek in ons sinodale gebied (enige voorstel sal verwelkom word wat gepaste datum en plek betref). Later in die jaar, weer hier by Augustus / September 2010 wil ons weer ‘n naweekkamp aanbied van die Donderdag tot die Sondag (datums en plekke sal verwelkom word – dalk weer by Makarios).
Daar is elke dag manne wat belangstel om iewers betrokke te raak, daarom my persoonlike passie om die plek en geleentheid daarvoor te skep. Die Eenjaar-Bybel, is ‘n gerieflike stuk gereedskap om die manne terug na die Woord toe te bring op ‘n sinvolle manier. Dit maak die lees van die Woord van die Here ‘n avontuur, veral omdat mens met die lees daarvan besef dat duisende, miskien miljoene manne in Suid-Afrika en wêreldwyd, presies dieselfde stukkie lees as wat ek lees op daardie spesifieke dag.
Vir enige navrae kan ek per telefoon of e-pos geskakel word. Ek sal my bes probeer om elke oproep of e-pos so goed ek kan, te antwoord.

Met liefde in Jesus,
Janus Roux (NG Elarduspark)
082 8205041
012 3451144 (kantoor)
janusroux@ngelarduspark.org.za





Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

