Oostelike Sinode
Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Besluite van Sinodesittings » Voorlopige Notule van:
Voorlopige Notule van:
2008/05/05
DINSDAG 18 OKTOBER 2005 AANDSITTING Die sitting hervat om 19:00. NOTULE DAG TWEE EN DRIE Die Notule tot Dinsdag 16:00 word goedgekeur en onderteken. Ouderling Dirk Scholtz van Kampersrus, wat 'n rol in prof Thias Kgatla se lewe gespeel het, is 'n afgevaardigde in die vergadering. Hy word bedank vir sy optrede. --ooOoo-- 32. KERKHERENIGING (Bladsy 202 tot 205) (vervolg) Die vergadering dui aan dat hulle gemaklik is met Voorstel dertien, wat voor ete goedgekeur is. VOORSTEL VEERTIEN - goedgekeur Die Sinode versoek Kerkrade om geleenthede te reël - verkieslik in samewerking met die plaaslike kerkrade van die VGKSA - om die Belydenis van Belhar te bestudeer en bespreek. VOORSTEL EEN EN TWINTIG - goedgekeur Die Sinodale Diensraad word versoek om die moontlikheid te ondersoek om 'n gesamentlike sinodesitting so gou as moontlik met die VGKSA te hou. Tafeltent vier en twintig Watter kommentaar moet aan die Algemene Sinode gegee word, benewens wat reeds besluit is? Tafelgesprekke vind oor tafeltent vyf en twintig plaas. Tafeltent vyf en twintig Prioritiseer die faktore, soos aangedui op die skedules, in rangorde van belangrikheid. Terugvoer vind op die skedules plaas. Dr Johann Ernst bedank ds Jan van Zyl en die vergadering. --ooOoo-- 31. HOMOSEKSUALITEIT (Bladsy 198 tot 201) (vervolg) VOORSTEL TWAALF - goedgekeur Die Sinode verseker homoseksuele persone van die NG Kerk se op opregte pastorale bewoënheid en verklaar dat alle mense hartlik welkom in ons gemeentes is." VOORSTEL SEWENTIEN - goedgekeur Die Sinode verklaar dat homoseksuele gedrag teen die leer van die Bybel is. VOORSTEL AGTIEN - goedgekeur Die Sinode versoek dat vir enige voortgaande besinning ingevolge besluite 31.5.5 en 31.5.7, homoseksuele mede-gelowiges wesenlik deel van die proses sal wees. VOORSTEL TWINTIG - goedgekeur Die Sinode verklaar: Een: Ons is deel van die familie van Christus. Ons verskil tans nog oor hoe om gelowig na te dink oor homoseksualiteit. Ons stem wel saam dat alle mense in die Kerk welkom is. Ons stem ook saam dat ons sag met mekaar moet wees en nie te vinnig moet oordeel nie. Wat verkeerd is, kan egter nie goedgepraat word nie. Twee: Ons verskil oor hoe om die Bybel te verstaan. Vir die meerderheid van ons afgevaardigdes, gemeentes en lidmate is die Skrifgegewens duidelik teen enige homoseksuele dade. Hierdie lidmate glo dat ons die Bybelwoorde sal verswak en God se heiligheid oneer sal aandoen, as ons enigsins homoseksuele dade goedpraat. Drie: Vir 'n minderheid van afgevaardigdes, lidmate en gemeentes is dit nie duidelik hoe die Skrifgegewens toegepas moet word nie. Hierdie lidmate wil graag langer nadink oor hoe ons die Bybeluitsprake oor sake soos hierdie in nuwe tye moet verstaan en toepas. Vier: As familie wil ons aan mekaar vashou, want ons het mekaar nodig. Die Gees is immers aan ons almal saam gegee. Ons aanvaar mekaar se goeie trou in hierdie saak. Trouens, die hantering hiervan het 'n openbare toets van liefde geword. Ter wille van God se eer, gaan ons hierin slaag. --ooOoo-- 4. SEKULÊRE EN MULTI-KULTURELE SAMELEWING (Bladsy 34 tot 39) Die Voorsitter stel dr Danie Dreyer aan die woord. Hy lig die fokuspunte van die verslag uit. Terugvoer geskied op Indekskaarte. 4.9 AANBEVELINGS Punt Een - kennis geneem. Die Sinodale Diensraad evalueer die terugvoer van die sinodesitting. Amendement vier en twintig - goedgekeur Voeg by ... "ouerwordende lidmate"... Punt Twee - goedgekeur. Indien daar 'n wesentlike behoefte bestaan, neem die Sinodale Diensraad die inisiatief in die reël van 'n werkswinkel(s) vir gemeentes, om in die lig van die huidige konteks waarin ons Kerk is, te besin oor die roeping van die Kerk, veral soos van toepassing op die leierskap, erediens, jeugbediening, ouerwordende lidmate, geloofsvorming, praktiese getuienis en dienslewering. Die Voorsitter bedank die Diensgroep. --ooOoo-- EVALUERING VAN DIE SITTING Die vergadering kry geleentheid om die sitting te evalueer en vorms in tafelverband in te vul. (27. EVALUERING VAN DIE SITTING). --ooOoo-- VERVOLG ..

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

