Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Besluite van Sinodesittings » Voorlopige Notule van:

Voorlopige Notule van:


2008/05/05

DINSDAG 18 OKTOBER 2005

TWEEDE MIDDAGSITTING

 

Die sitting hervat om 16:15.

 

Die Belydenis van Belhar (plus die Begeleidende brief), sowel as die besluit van die jongste sinodesitting van die VGKSA, word aan almal beskikbaar gestel.

 

Die afgevaardigdes van Pongola word sterkte toegewens, waar hulle deel van die Sinode van Natal word. Dit was dus die gemeente se laaste deelname  aan 'n sinodesitting van die Sinode van Oos-Transvaal.

 

 

KERKHERENIGING

 

Prof Thias Kgatla, Moderator van die VGKSA se Algemene Sinode word welkom geheet.  Hy vertel van die besluite wat hulle pas afgelope sitting oor Kerkhereniging geneem het.

 

Die Voorsitter verduidelik die prosedure vir die verdere gesprek.

 

--ooOoo--

 

8.               VRAELYS IN VERBAND MET HOMOSEKSUALITEIT EN KERKHER-ENIGING (Bladsy 56 tot 68)

 

Kommentaar word op Indekskaarte geskryf.

 

--ooOoo--

 

25.             OPSOMMENDE VERSLAG (Bladsy 168 tot 178)

 

Kommentaar word op Indekskaarte geskryf.

 

--ooOoo--

 

17.             BESKRYWINGSPUNT (Bladsy 134 tot 135)

 

17.1           Kerkhereniging

 

Kennis geneem.

 

--ooOoo--

 

6.               KERKHERENIGING EN DIE BELYDENIS VAN BELHAR (Bladsy  46 tot 51)

 

Kommentaar word op Indekskaarte geskryf.

--ooOoo--

 

32.             KERKHERENIGING (Bladsy 196 tot 203)

 

Die Voorsitter stel ds Jan van Zyl aan die woord.  Hy lig die fokuspunte van die verslag uit.

 

Tafelgesprekke vind plaas oor tafeltent sewentien.

 

Tafeltent sewentien

 

Gee die resultate die tafel se mening weer?

 

Terugvoer geskied deur kleurkaarte.

 

Verdere tafelgesprekke en terugvoer vind plaas oor tafeltent agtien

 

Tafeltent agtien

 

Stem julle saam dat die proses tot Kerkhereniging so gou as moontlik op dreef moet kom?

 

Tafelgesprekke vind oor tafeltent negentien plaas.  Terugvoer met Kleurkaarte.

 

Tafeltent negentien

 

Stem julle saam dat Kerkrade vooraf oor al die praktiese implikasies ingelig word en die voorgestelde Kerkorde goedkeur?

 

Verdere tafelgesprekke en terugvoer vind plaas oor tafeltent twintig.

 

Tafeltent twintig

 

Stem julle saam dat 'n twee-derde meerderheid 'n ononderhandelbare vereiste is?

 

Terugvoer met kleurkaarte.

 

Tafelgesprekke vind plaas oor tafeltent een en twintig plaas.

 

Tafeltent een en twintig 

 

Dui aan op 'n skaal van 1 tot 10 watter gewig die behoud van taal en kultuur behoort te hê.

 

Een            Gemeentevlak

Twee        Meerdere vergaderinge

 

Terugvoer op antwoord-blaaie en Indekskaarte

 

Tafelgesprekke vind plaas oor tafeltent twee en twintig plaas.

 

Terugvoer op kleur- en Indekskaarte

 

Tafeltent twee en twintig 

 

Stem julle saam met die besluit van die Algemene Sinode dat die Belydenis van Belhar nie deur almal onderskryf hoef te word nie?

 

32.7           AANBEVELINGS - goedgekeur

 

32.7.1         Die Sinode is ten gunste van groter eenheid binne die NG Kerkfamilie, maar Kerkskeuring moet beslis vermy word.

 

32.7.2         Die Sinode vra dat die implikasies van eenwording duidelik verwoord word.  Duidelike riglyne oor die hantering van taal en kultuur onder andere, moet verskaf word.

 

32.7.3         Die Sinode bevestig dat gemeentes self oor eenwording besluit.  Dit sluit in:

 

Een:           Die nuwe Kerkorde word deur die gemeentes goedgekeur.

 

Twee:        'n Tweederde meerderheid moet oor die finale voorstelle verkry word.

 

32.7.4         Die Sinode versoek dat ruimte gelaat word vir gemeentes en lidmate om nie die Belydenis van Belhar te onderskryf nie.

 

32.7.5         Die Sinode besluit dat groter momentum aan die proses van Kerkhereniging tussen die Afrikaanse Kerke gegee moet word.

 

VOORSTEL DERTIEN - goedgekeur

 

Die Sinode herbevestig sy verbintenis tot die hereniging van die NG Kerkfamilie.  Terwyl inisiatiewe in dié verband op algemene sinodale én sinodale vlak geneem word, word gemeentes opgeroep om alles binne hul vermoë te doen om die herenigingsproses te bevorder

 

--ooOoo--

 

AANDETE

 

Na 'n gebed deur ds Jan van Zyl verdaag die sitting om 18:00 vir aandete.

 

--ooOoo--