Skip to content | Skip to navigation

Bedieninge » Onderlinge Sorg » Jeugbediening » SKOLLIEKAMP: 30 MAART TOT 6 APRIL 2009

SKOLLIEKAMP: 30 MAART TOT 6 APRIL 2009


2009/01/16

Wat is die Skolliekamp?
Dis 'n skoolverlaterskamp wat matrikulante geestelik, sosiaal en emosioneel voor berei vir die lewe na matriek. Ongeag of jy verder gaan studeer, oorsee gaan of gaan werk, as jy volgende jaar uit die skool uit gaan is die Skolliekamp ‘n moet!


Wat gebeur op 'n Skolliekamp?

·         Jy leer jouself ken

·         Jy leer ander mense ken

·         Jy leer God beter ken

·         Jy leer om die teenoorgestelde geslag beter te verstaan

·         Jy eet BAIE lekker!

·         Jy vind uit wat 2010 vir jou inhou

·         Jy ontmoet great mense!

 Kwaliteit gewaarborg!

As jy die hele kamp bywoon en nie aan die einde van die kamp voel dat dit die lekkerste en leersaamste week van jou lewe was nie, skryf binne twee weke aan ons. Ons sal jou kampgeld terugbetaal sonder om vrae te vra.

 

Wie gaan almal op die kamp?

Matrikulante van regoor Mpumalanga en Pretoria asook studente en jong-werkendes.

 

­­

Datum, plek en koste

30 Maart tot 6 April 2009 – R600

Kruisrivier Jeugkampterrein – naby Loskopdam en Groblersdal

 

Inskrywingsvorm en meer inligting

Skryf in op die Skolliekampe-website: www.skolliekampe.org.za

 

Telefoon: 082-496-9586

Faks: 086-655-6715

E-pos: karin@skolliekampe.org.za