Skip to content | Skip to navigation

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Fondsediensgroep » SINODALE BYDRAES

SINODALE BYDRAES


2009/03/27

SINODALE BYDRAES

 

Daar word dikwels verskillende vrae oor sinodale bydraes gevra.

Hieronder word inligting oor drie fasette van sinodale bydraes verskaf, wat antwoorde op die vrae kan gee.

 

1.         BEREKENING

 

Sinodale bydraes word jaarliks teen 'n persentasie op die totale lopende inkomste van gemeentes bereken.  Totale lopende inkomste is die totale inkomste minus die spesiale insamelings en skulddelging.  Dit kan ook as die gewone bedryfsinkomste beskou word.  Die persentasie word bepaal deur die inkomste van gemeentes en toekennings (begroting) van die Sinode. 

Die persentasie het 'n positiewe tendens sedert 1994/1995 gevolg.  In 1994/1995 was die persentasie 12.10 % en in 2008/2009 is dit 5.0 %.

Die bedrag wat aan sinodale bydraes oor dieselfde tydperk gevorder is, het vanaf

R4,889,687 tot R7,479,859 (52.97 %) gegroei, wat gemiddeld 3.78 % per jaar beloop.

Daarteenoor het die inkomste van gemeentes oor dieselfde tydperk vanaf R45,436,814 tot R155,549,707 (242.34 %) gegroei, wat gemiddeld 17.31 % per jaar beloop.

Dit is duidelik dat die groei in sinodale bydraes, wat minder as inflasie was en die uiters gunstige groei in gemeentes se inkomste, die bepalende faktore was vir die vermindering in die persentasie waarteen sinodale bydraes bereken word.  Die volgende tabel skets die verloop van die afgelope 14 jaar:

 

Jaar

 

 

Totale lopende inkomste

 

Persentasie bereken op die vorige jaar se inkomste

Persentasie bereken op die huidige jaar se inkomste

Sinodale bydraes betaal

 

1993/1994

R 40,410,636

 

 

 

1994/1995

R 45,436,814

12.10%

10.76%

R4,889,687

1995/1996

R 46,491,407

11.30%

11.04%

R5,134,360

1996/1997

R 51,371,137

11.20%

10.14%

R5,207,038

1997/1998

R 55,950,134

10.30%

9.46%

R5,291,227

1998/1999

R 60,335,306

9.90%

9.18%

R5,539,063

1999/2000

R 67,884,231

8.80%

7.82%

R5,309,507

2000/2001

R 73,586,266

8.50%

7.84%

R5,770,160

2001/2002

R 82,091,832

7.50%

6.72%

R5,518,970

2002/2003

R 91,889,079

7.20%

6.43%

R5,910,612

2003/2004

R 95,688,238

7.00%

6.72%

R6,432,236

2004/2005

R107,480,186

7.00%

6.23%

R6,698,177

2005/2006

R119,153,392

6.50%

5.84%

R6,961,381

2006/2007

R133,623,083

5.80%

5.38%

R7,192,837

2007/2008

R155,549,707

5.40%

4.84%

R7,521,230

2008/2009

 

5.00%

 

R7,479,859

 

Daar moet ook realisties oor die toekoms van die prentjie gedink word en na ons mening het 'n gelykbreekpunt nou aangebreek.  Vergelyk byvoorbeeld die laaste twee jaar se inligting in die tabel.

Daar is ook gemeentes wat nie in staat is om hul volledige sinodale bydraes te betaal nie.  Hierdie gemeentes word jaarliks geëvalueer en hulle situasie word as langtermyn of korttermyn geklassifiseer.  Tans is daar 18 van die totale 87 gemeentes in hierdie groep.

'n Verdere groep gemeentes wat onderskei kan word, is die "kwesbare gemeentes".  Dit is gemeentes met 'n inkomste minder as 'n "minimum leefbare inkomste" wat van jaar-tot-jaar vasgestel word.  Dit is die minimum inkomste wat 'n gemeente nodig het om gewone verpligtinge na te kom.  Vir 2008/2009 beloop die bedrag R620,000.  Hierdie gemeentes word tans met 'n 25 % vermindering in sinodale bydraes gehelp en daar is nege gemeentes in die groep.  Dit is 'n voorkomende maatreël om die gemeentes te help om 'n normale bediening in stand te hou.

Ons bevestig graag dat spesiale insamelingspogings van gemeentes nie ingesluit is by die inkomste van gemeentes nie.  Spesiale insamelingspogings is bydraes vir geloofsoffers, skulddelging, kapitaalprojekte of versorgingsaksies.  Die riglyne waaroor die Sinode in 2002 besluit het, word hierna genoem, naamlik Handelinge 2002, bl 173, punt 6.7.11.

 

Die Sinode handhaaf die werkwyse om spesiale insamelingspogings nie in te reken by die inkomste van 'n gemeente, waarop die sinodale bydraes bereken word.

 

Die Sinode keur die volgende riglyne in verband met die vrystelling van spesiale insamelings goed:

 

'n Spesiale insameling word gesien as 'n ekstra poging om 'n projek bo en behalwe die gewone bedieninge van 'n gemeente te help befonds.

 

Punt een:          Slegs spesiale insamelings word vir vrystelling in die berekening van sinodale bydraes in ag geneem, mits:

dit vooraf aan Ondersteuningsdienste deurgegee is;

dit so in die finansiële state aangeteken is;

dit vir daardie doel aangewend is.

 

Punt twee:         Sake waarvoor spesiale insamelings (soos deur onder andere geloofsoffers) gedoen kan word, is:

skulddelging,

kapitaalprojekte,

versorgingsaksies,

getuienisaksies,

 

Punt drie:          Die bedrag wat as spesiale insamelings afgetrek word, mag nie veroorsaak dat die bedrag waarop die sinodale bydraes bereken word, laer as die vorige jaar is nie.

 

Punt vier:          Die lopende inkomste van 'n gemeente, waarop die sinodale bydraes bereken word, behoort jaarliks 'n realistiese styging te toon.



Vir 2007/2008 het die bedrag R50,689,586 beloop.

 

2.         BETALING

 

Die betaling van sinodale bydraes moet as 'n verpligting beskou word wat uit die deelname aan die gesamentlike kerkverband spruit.

Die kerklike verband is 'n vrywillige verband, maar as 'n gemeente toegetree het, staan dit onder die gesag van die Sinode.  Besluite van die Sinode word nie sonder verteenwoordiging van gemeentes geneem nie.

Sinodale bydraes word kwartaalliks in die middelste maand van die kwartaal betaal.  Gevolglik is die betalings in April, Julie, Oktober en Januarie.

Gemeentes kan ook die keuse uitoefen om maandeliks te betaal.

Die eerste twee kwartale se betalings word as voorlopige betalings hanteer totdat die finansiële state van gemeentes gedurende Julie verwerk en die finale berekeninge gedoen is.  Die aanpassing word dan in die laaste twee kwartale gedoen.

Die afgelope ses jaar is sinodale bydraes getrou deur gemeentes betaal en dit is inderdaad 'n wonderlike teken van familiewees.

 

3.          AANWENDING

 

3.1       Sinodale bydraes word betaal vir die werk wat een gemeente nie alleen kan doen nie, maar gesamentlik gedoen word.  Dit is ook 'n Bybelse beginsel dat gemeentes in breër verband moet saamwerk.  Hiervolgens werk gemeentes in die verskillende sinodale gebiede ook saam om gesamentlik verantwoordelik-heid vir sekere sake te aanvaar.

3.2       Die aanwending van sinodale bydraes kan tans in ses hoofgroepe ingedeel word en die volgende skets dui die huidige verdeling van die bedrag van R7,515,874 aan.  Verwys ook na bylae A wat die verdeling verder toelig.

             

Die bedrag van Ondersteuningsdiens vertoon hoog, deels omdat dit die Sinode se funksie is om ondersteuning te verleen en deels omdat alle bedrae wat nie onder die ander hoofde getel kan word nie, hier ingereken word.  Die toekenning aan Ondersteuningsdiens, nl. R3,604,984 word aangewend vir die volgende:                           

Kompensasie aan gemeentes vir tyd wat van leraars uitgekoop word:  R212 396

            Vergoeding van personeel:       R1,269,195

            Gesamentlike werk:                 R1,198,329

            Spesiale versoeke:                  R50,000

            Bedryfskostes:                         R875,065

 

Hierdie verdelings word in die linkerkantste sirkel van die volgende skets aangedui. Die regterkantste sirkel dui aan hoe die Sinode se bedryfskostes, wat 24,27 % van Ondersteuningsdiens se totale toekenning verteenwoordig, verdeel kan word:

 

         Kantooradministrasie                          R229,254

         Grond en Geboue                               R154,936

         Voorsienings                                      R241,000

          Reis-en verblyfkoste                           R207,875

         Opleiding en Konferensies                    R6,000

         Publikasies (Oosnuus)                         R36,000

 

 

3.3  Die bydraes het, wat die Bedieninge betref, 'n vaste en veranderlike toekenning.  Dan is daar ook 'n toekenning aan "Ander", wat nie as 'n vaste of veranderlike toekenning geklassifiseer kan word nie. Hierdie verdelings word in die linkerkantste sirkel van die volgende skets aangedui.

Die regterkantste sirkel toon aan hoe die "Ander" toekennings, wat 77,25 % van die Bedieninge se totale toekennings verteenwoordig, verdeel kan word.

 Verwys ook na Bylae B wat die verdeling van die "Ander" toekennings verder toelig. 

 

3.4           Daar kan uit die voorafgaande, die volgende aanwendings geïdentifiseer word:

3.4.1        Eie aksies ter wille van gemeentes

Dit is die werksaamhede van die drie Bedieninge.

3.4.2        Infrastruktuurkoste van ons eie Sinode

Dit kan as 'n Hoofkantoorfunksie gesien word wat werksaamhede koördineer.

3.4.3        Gesamentlike werksaamhede

Dit is die Algemene Sinode, Teologiese Opleiding, Argief en Getuienis in Swaziland en Mosambiek.

3.4.4        Ondernemings uit die verlede

Subsidies aan die VGKSA en hulp aan weduwees van predikante/sendelinge.

3.4.5        Vennootskapsbydraes

Dit is die Christelike Maatskaplike Raad-Oos en Sinodale Getuienisforum (Forum tussen Oostelike- en Noordelike Sinode en die VGKSA-Nothern Synod).

3.4.6        Diensprojekte

Dit is die prioriteitsake wat uit die Voetsool Sinodesittings en die Sinodesitting van 2007 voortgespruit het en is:  Geestelike leierskap, Grondeise, Morele herstel, en Volhoubare bediening.

 

3.5           Wat gaan skade ly indien sinodale bydraes nie betaal word nie?

3.5.1        Eie aksies ter wille van gemeentes gaan gestaak word.

3.5.2        Die Sinode as hoofkantoor se funksies gaan verval en gesluit word.

3.5.3        Gesamentlike werksaamhede word afgeskaal of gestaak.  Die opleiding van predikante vir die NG Kerk aan die Universiteit van Pretoria sal onder druk kom.  Sendelinge in Mosambiek en Swaziland sal uitdiens gestel moet word.

3.5.4        Ondernemings uit die verlede - ons sal ons woord moet verbreek indien subsidies nie betaal word nie.  Die onderneming is dat die subsidie betaal word totdat die pos vakant raak, dan ontstaan daar 'n vakante pos en befondsing moet uit ander bronne gevind word.

3.5.5        Vennootskapsbydraes - die topstruktuur van die Christelike Maatskaplike Raad gaan onder druk kom, met die uitdiens stel van personeel as deel van die oplossing.  Dit kan tot gevolg hê dat maatskaplike werkers nie meer werk wat aan wetlike vereistes moet voldoen, kan uitvoer nie.  Die Forum wat tussen die

NG Kerk (Oostelike- en Noordelike Sinode) en die VGKSA ontstaan het, sal moet ontbind.

3.5.6        Prioriteitsake wat van tyd-tot-tyd geïdentifiseer word, sal nie aandag geniet nie, hoofsaaklik as gevolg van die gebrek aan 'n hoofkantoor.

 

3.6           Bedryfsurplus wat ontstaan

 

Fondse wat nie deur die Bedieninge gebruik is nie, word aan gemeentes teruggegee in die vorm dat die Januarie betaling verminder word.