Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Personeel » SEKURITEIT - HANTEER VOLGENS SIRA (Wet 56 van 2001)

SEKURITEIT - HANTEER VOLGENS SIRA (Wet 56 van 2001)


2008/08/08

SEKURITEIT

 

In Familiebrief 2008/12 is dit in die vooruitsig gestel om meer inligting oor sekuriteitsdiens te voorsien.

 

Sekuriteit word deur die "Security Industry Regulation Act 2001" (SIRA) (Wet 56 van 2001) gereguleer.

Werknemers en werkgewers wat sekuriteitsdiens verrig moet by SIRA geregistreer wees.

Werknemers moet opleiding deurloop en 'n sertifikaat met graad A tot E moet verkry word - graad E is die laagste vlak.

Die werkgewer (persoon wat toesig hou) moet 'n graad B kwalifikasie by SIRA verkry.

Vir werknemers is lidmaatskap tot 'n "Voortsettingsfonds" verpligtend - dit is soortgelyk aan 'n "Voorsieningsfonds."

'n Maandelikse fooi is aan SIRA betaalbaar.

Minimum lone bestaan vir die beroepsgroep.

Indien die gemeente van 'n kontrakteur gebruik maak, kontroleer dat die kontrakteur wel by SIRA geregistreer is.

 

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat 'n werkgewer/werknemer wat nie aan die voorafgaande vereistes voldoen nie, nie sekuriteitswerk mag verrig nie.  Indien wel, hou dit risiko's vir die werkgewer in, want indien 'n besering aan diens opgedoen word, kan daar nie 'n eis by die Kommissaris vir Beroepsbeserings ingedien word nie.

 

Indien gemeentes oorweeg om so 'n diens te verrig, moet die nodige registrasie en opleiding gedoen word of die diens van 'n kontrakteur moet verkry word.

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR