Oostelike Sinode
Bedieninge » Aanbidding » Erediens en Preeksketse » PREKE NET VIR JOU
PREKE NET VIR JOU
2008/05/05
Beste leraarkollega Omdat ons presies weet watse pynlike geboorteproses 'n preek en erediens is, wil ons jou hierdie kwartaal 'n moontlike hupstoot gee! Aanvullende by die Woordwyserriglyne sal daar weekliks 'n meer volledige preek-idee saam met 'n moontlike liturgie op ons webwerf by www.sinoos.co.za verskyn. Ons e-pos hierdie eerste preek vir jou vir insae. Die perikoop sal soms ooreenstem met die teks in die Woordwyserriglyne en soms verskil. Die teks sal egter uit die week se tekste gekies word. Soms sal daar ook 'n powerpoint presentation by wees wat ook gebruik kan word. Die idee is dat hierdie 'n nog groter sunergiese preekvennoot sal wees. Die projek sal die eerste kwartaal duur, waarna die sukses en aanvraag oorweeg beoordeel sal word voordat ons oor die toekoms van daarvan sal besluit. Baie seën en sterkte Dr Deon Bester Diensleier: AanbiddingPreke net vir jou oor Hebreërs op webwerf

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

