Oostelike Sinode
Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Besluite van Ondersteuningsdiens » OUDITPROGRAM
OUDITPROGRAM
2011/11/15
SUKSESVOLLE AFHANDELING VAN DIE
FINANSIËLE STATE
Ondersteuningsdiens is onder die indruk daarvan dat talle gemeentes sukkel om hulle finansiële state betyds gereed te hê. Dikwels is die vol program van die ouditeur een van die struikelblokke.
Ondersteuningsdiens beveel die volgende skedule aan. Deur by hierdie keerdatums te probeer hou, kan die proses baie vergemaklik word.
OUDITPROGRAM
15 Januarie 2012: Maak 'n afspraak met die ouditeur vir die oudit vanaf 22 Maart 2012. Noem ook aan hom/haar watter keerdatums daar is
21 Maart 2012: Boeke finaal afgesluit en reg vir oudit
22 Maart 2012 tot 30 April 2012: Oudit neem in aanvang en afgehandel en konsepstate 30 April 2012 word voorsien
5 Mei 2012: Konsepstate terug aan ouditeur
10 Mei 2012 Finale state vanaf ouditeur
15 Mei 2012 tot 31 Mei 2012: State word deur kerkraad goedgekeur
1 Junie 2012: State word aan Sinode huis versend om dit teen 15 Junie 2012 te bereik
Onthou ook om met die ouditeur te reël dat die nodige inligting uit die state aan die SAID voorsien word.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

