Oostelike Sinode
Bedieninge » Onderlinge Sorg » O N D E R L I N G E S O R G.
O N D E R L I N G E S O R G.
2009/02/13
Die Diensspan vir die Bediening van Onderlinge Sorg is Dr Louis Louw (Diensleier) Mev Tersia Petzer (Administratiewe Beampte) Binne die visie het die Diensspan verskillende terreine geïdentifiseer waarop gekonsentreer word. Die terreine is: Die Diensgroep reël die jaarlikse predikante konferensie. Die Bediening is verder verantwoordelik vir die standplaasverwisseling van leraars. ADVISERING EN BEGELEIDING Die groep is: Ds Henry van der Schyff (Diensgroepleier) JEUGBEDIENING Die volgende kampe en kursusse word aangebied. (Vir die datums sien projekte). LEIER 2000 Die kursus fokus veral op graad 10 en 11 leerlinge. Die doel is om jeugleiers te vorm en leierskap te ontwikkel. Om e-pos te stuur na die Bediening vir Onderlinge Sorg, druk hier...
Ds Dif Ehlers (Onder-Diensleier)
Ds Hardus van Niekerk
Ds Jaco van Eyssen
VISIE:
Die visie van die Bediening vir Onderlinge Sorg is
Om uit die hart van God vir mekaar te leef
PREDIKANTEBEDIENING
Die Diensgroep is:
Ds Gerrie Doyer (Diensgroepleier)
Ds Henry van der Schyff
Dr Louis Louw
Die doel van die Pastor pastorum is dat die persoon by leraars en hul huisgesinne huisbesoek doen en vir onderhoude beskikbaar sal wees.
Volgens 'n mentoraatsprogram word proponente in hul eerste gemeentes vir 'n tydperk van tweejaar begelei.
Dr Danie Dreyer
Dr Louis Louw
Dr Lourens Bosman
Ds Willem Nortjé
Ds Marius Smit
Ds André Viljoen
Ds Hardus van Niekerk
Ds Dif Ehlers
Die bedieningsgroep fokus op die jeug. Kampe en kursusse word vir die jeug aangebied. Gemeentes hoef nie meer al die kampe en kursusse te reël nie. Kundige leiers re?l dit vir gemeentes. Gemeentes moet net die inligting wat uitgestuur word aan die betrokke jeuggroep in die gemeente deurgee.
GELOOFSOPVOEDING
Die kursus word aan die begin van die jaar aangebied. Predikante en kategete word uitgenooi. Die klem val op geloofsopvoeding. Dit impliseer die betrokkenheid van die ouers, die skool en die kerk.
AVONTUURKAMP
Eenkeer per jaar word 'n kamp vir graad 10-11 leerlinge aangebied. Die groepleier is ds Hardus van Niekerk.
SKOOLVERWISSELINGSKAMP
Di DF Ehlers en Hendrik Groenewald hanteer die kampe. Die fokus by hierdie kampe is graad 7 leerlinge. Deur die kamp word die leerlinge vir hul Hoërskoolloopbaan voorberei.
VAT 15
Die kamp fokus op graad 8 en 9 leerlinge. Die aanbieder van die kamp is ds Christo Herbst.
SKOOLVERLATERSKAMP
Die kampe is na 'n dormante tydperk weer hervestig deur ds MC Engelbrecht en Lochner Pretorius. Met 'n ervare span leiers is die getalle besig om te groei.
WEGBREEK KAMP
Soos die naam aandui is dit 'n wegbreek geleentheid vir matrieks wat klaar is met hulle finale eksamen. Ds Pieter Malherbe het reeds deur die jare 'n besondere program en kultuur gevestig.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

