Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Besluite van Sinodesittings » NOTULE VAN DIE NEGENDE GEWONE VERGADERING VAN DIE SINODE VAN OOS-TRANSVAAL, WAT VANAF SONDAG 16 OKTOBER 2005 TOT DINSDAG 18 OKTOBER 2005 GEHOU IS

NOTULE VAN DIE NEGENDE GEWONE VERGADERING VAN DIE SINODE VAN OOS-TRANSVAAL, WAT VANAF SONDAG 16 OKTOBER 2005 TOT DINSDAG 18 OKTOBER 2005 GEHOU IS


2008/05/05

SONDAG 16 OKTOBER 2005

NAMIDDAGSITTING

 

Daar word van die verslae in geheel kennis geneem.

 

Stemming geskied deur die opsteek van kaarte.  

Groen - ten gunste van, rooi - daarteen, geel - nie gereed vir die besluit nie.  Persone wat geel of rooi gestem het, kan hulle standpunt op 'n indekskaart skryf.  Hierdie indekskaarte word aan die Bedieninge voorsien.

 

Die vergadering geskied volgens drie duidelike formate, naamlik:

 

Inligtingsformaat

Konferensieformaat

Besluitnemingsformaat

 

Telkens wanneer die fokuspunte van verslae uitgelig word, word dit aangevul met Powerpoint aanbiedings.

 

--ooOoo--

 

1.               OPENING EN KONSTITUERING

(Bladsy 8 tot 13)

 

Die Voorsitter, dr Johan Ernst, heet almal om 17:00 by die sinodesitting welkom.

 

Die wat vir die eerste keer 'n sinodesitting bywoon, steek hande op.  Hulle word in besonder verwelkom.

 

Die Voorsitter lees Prediker 4 vers 9 en lees 'n gebed voor, wat deur prof Adrio König geskryf is.  (Aangeheg as 42.  ONS VADER GEBED)

 

Hy vra dr Anton Fick om die afgevaardigdes namens die gemeente Pierre van Ryneveld in hulle sentrum tuis te laat voel.

 

Dr Anton Fick vertel dat die gasheergemeente, Pierre van Ryneveld, vanjaar 21 jaar oud  is - 21 jaar van genade.  Hy heet almal welkom in hulle midde.

 

'n Geleentheid vir verhoudingsbou aan die tafels word gegee.

 

1.4             Gemeentes

 

Die Uitvoerende Amptenaar lê die getal afgevaardigdes voor, wat tydens registrasie aangemeld het.  Dit word per Powerpoint volgens die indeling van die Voetsool sinodesittings gedoen.

 

Die volgende afgevaardigdes is teenwoordig:

 

Alkmaar

Van der Merwe Johannes              Oosthuizen Callie                       

 

1.5             VERKLARING

 

Die Voorsitter verklaar die sinodesitting wettig gekonstitueerd, na aanleiding van die getal afgevaardigdes wat aangemeld het.

 

--ooOoo--

 

2.               ONTWERPSPAN VIR DIE SINODESITITNG 2005 (Bladsy 15 tot 25)

 

Ds Henry van der Schyff lig die fokuspunte van die verslag uit.

 

--ooOoo--

 

34.             ONTWERPSPAN VIR DIE SINODESITTING - TWEE (Bladsy 210 tot 213)

 

Ds Henry van der Schyff lig die fokuspunte van die verslag uit en tref 'n aantal praktiese reëlings.

 

--ooOoo--

 

Inleidende video

 

'n Video word vertoon, wat die hoofmomente van die verslae aandui, sowel as die veranderende situasie van die land/wêreld.

 

--ooOoo--

 

Die volgende besoekers word welkom geheet - dr Stephan Joubert,  broer Neels Jackson van Beeld en prof Malan Nel.

Dr Johan van Schalkwyk doen 'n tafelgebed en die afgevaardigdes verdaag om 17:50 vir 'n ligte aandete.

 

--ooOoo--