Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Praktiese Getuienis » MOSAMBIEK WERKGROEP
MOSAMBIEK WERKGROEP
2009/03/13
Beste medewerker
MOSAMBIEK WERKGROEP VERGADERING
Ons het weer 'n werkgroep vergadering gereël met die oog op koördinering, evaluering, voortgang en verdere beplanning van die werk in Mosambiek.
Indien u belangstel om persoonlik betrokke te raak, is hierdie die geleentheid om u persoonlik te vergewis van die werklike behoeftes, sodat ons effektief kan saamwerk in die koninkryk.
Indien u reeds betrokke is of 'n uitreik beplan, is hierdie die geleentheid om al die rolspelers persoonlik te ontmoet. Al die leraars van die IRM Sinodo Novo sal ook teenwoordig wees.
Hiermee nooi ons jou hartlik uit om die byeenkoms van die Werkgroep by te woon.
Sien jou daar!
DATUM 17 tot 19 APRIL 2009
Vrydag 17 April 2009
Aankoms en registrasie vanaf die middag
18:00 - Aandete en kuier saam
Saterdag 18 April 2009
08:00 - Ontbyt
Byeenkoms
13:00 - Middagete
Byeenkoms
Ontspan
18:00 - Aandete
Byeenkoms en kuier
Sondag 19 April 2009
08:00 - Ontbyt
Byeenkoms
Erediens en vertrek
PLEK
Makarios Trust, Komatipoort
Volg N4 vanaf Nelspruit. Ongeveer 10km na Hectorspruit, draai links op die Marlothpark pad. Ry 5km grondpad tot by die ingangshek van Marlothpark. Sodra u deur die hek gaan, draai dadelik links in Figtree laan. Ry totdat u die eerste indraai na links vind – dit is 'n motorhek – i ry tussen twee sitrusboorde. Na die boorde is daar 'n bosgedeelte, gaan deur 'n drif en vind dan Makarios se ysterhekke. Ry tot by die rivier, draai links en ry tot waar pad eindig. Vanaf Marlothpark se ingang tot by Makarios is 2km. Kyk uit vir die Makarios borde by al die afdraaiplekke.
KOSTE
R400,00 per persoon: Dit sluit in verblyf en etes vir
Vrydagaand, Saterdag ontbyt, middagete, aandete en ontbyt vir Sondagoggend
asook koffie/tee
Bring asseblief eie beddegoed, muskietbyt-middel (tabbard of peacefull sleep)
('n Vriendelike versoek aan elke gemeente wat bywoon, vir 'n donasie van R500,00 as subsidie vir die pastore se vervoer en verblyf)
Betaal in by die volgende bankbesonderhede:
Absa Bank Lynnwoodrif, Takkode 632005
Naam van rekening: Kampe en Konferensie fonds Oos-Transvaal
Rekening Nr: 1420440339
NB: Faks inbetaalstrokie duidelik gemerk “Mosambiek Werkgroep”
en van wie dit kom na (012) 804 9462
BELANGRIK:
1. Laat weet asseblief vir Corrie Swanepoel VÓÓR OF OP WOENSDAG 8 APRIL 2009, sodat ons die nodige reëlings ten opsigte van verblyf en etes kan reël. Tel: 012 804 9543/4, e-pos getuie@sinoos.co.za
2. Laat weet ook vir almal waarvan u weet wat betrokke is, of reeds was, of wil wees in Mosambiek van hierdie byeenkoms.
Seën en sterkte toegebid.
WERKSGROEP:
DI ANDRIES GROBLER, CARL LOUWRENS, ANDRIES LOUW

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

