Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Missionêre Identiteit » MISSIONÊRE IDENTITEIT (ds Anton Doyer)
MISSIONÊRE IDENTITEIT (ds Anton Doyer)
2008/07/02
Ons is van oordeel dat daar 'n behoefte is om oor temas rondom ons missionêre identiteit weer 'n slag teologies na te dink en te formuleer. Ons het baie gepraat oor sake soos 'n missionêre ekklesiologie en spiritualiteit, en vir Anton Doyer gevra om 'n aantal gesprekke en werkswinkels oor hierdie temas te reël.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

