Skip to content | Skip to navigation

Bedieninge » Onderlinge Sorg » Mannebediening » MANNEBEDIENING 2009

MANNEBEDIENING 2009


2009/08/11

Liewe voorsitter van die kerkraad

 

OOSTELIKE SINODE : MANNEBEDIENING 2009

 

Sedert 2008 is ons hard besig om uit te vind in watter gemeentes daar 'n mannebediening aan die gang is en om 'n ondersteuningsbasis vir so 'n bediening te help vestig.

Ons het in Oktober 2008 'n baie suksesvolle wegbreek gehad en die manne het gevoel ons moet verder bou op wat by Struwig Eko-reservaat bereik is - daarom hierdie opvolg byeenkoms.

Hier is 'n konsepverklaring wat met die vorige mannebediening Wegbreek in die Struwig Eko-reservaat geformuleer is:

Na gebed en gesprek aanvaar ons die Here se roeping om self manne te wees wat sal lewe soos Hy wil. Ons wil in gehoorsaamheid aan die Woord leiding neem om volhoubare mannebedieninge

  1. te vestig; 
  2. te fasiliteer;
  3. in stand te hou; en
  4. te netwerk oor kerkgrense heen

ten einde manne toe te rus om as dissipels van Christus

o       God in alles te gehoorsaam.

o       'n leefstyl ooreenkomstig sy  roeping te handhaaf;

o       staande te bly; en

o       geestelik volwasse te word

Ons wil toesien dat Hy as Koning sal regeer sodat gesinne, gemeentes en gemeenskappe herstel kan word.

 

(Psalm 118:8-9; 133:3; Numeri 13:8; Deuteronomium 11:31-32; 2 Konings 13:18; Jesaja 11:1-2; Maleagi 4:6 en Lukas 1:17 saamgelees; Matteus 5:16; Efesiërs 5:25; Kolossense 1:28; 4:12; 2 Timoteus 2:2).

Ons nooi alle gemeentes om 'n man of twee na hierdie byeenkoms te borg - iemand wat sal kan terugvoer gee aan die gemeente.

Ek wil ook graag met die Sinodale Diensraad aan ons Diensleier : Onderlinge Sorg : dr Louis Louw met die vergadering van 24 Augustus 2009, verslag doen oor die stand en ervaringe van enige / alle mannebedieninge in ons Sinode.

Wil jy nie asseblief in een sin vir my skryf hoe julle as gemeente "voel" oor 'n mannebediening, miskien iets van "wat" julle reeds doen, wat julle planne vir die res van die jaar is.  Skryf asseblief oor die goeie en die slegte.  Ek het vir dr Louis Louw gesê dat ek 'n uittreksel sal maak uit die reaksie van al die gemeentes en aan hom voorlê op Woensdag, 12 Augustus vir voorlegging op 24 Augustus se vergadering.

Die geheim is om sommer nadat jy die brief gelees het, onmiddellik net 'n sin of twee te skryf en aan my te e-pos by: janusroux@ngelarduspark.org.za.

Wil jy nie sommer asseblief iemand in die gemeente, wat sou belangstel om julle gemeente te verteenwoordig, vra om die Mannegespreksgroep in die Bos by Makarios by te woon nie?

Hieronder is ons voorlopige program vir die naweek op Makarios.  Dit kos net R350.00 per man, alles ingesluit.

 

Baie groete.

 

JANUS ROUX

SAMEROEPER : MANNEBEDIENING

 

 OOSTELIKE SINODE MANNEBEDIENING

 

P R O G R A M

 

 11-13 SEPTEMBER 2009

 

MAKARIOS: KOMATIPOORT

 

VRYDAGAAND                       18:30               Registrasie

19:00               Ligte aandete

20:00               Ons leer mekaar beter ken en hoor van mekaar se manne bedieninge om 'n bosveldvuur in die lapa

 

SATERDAG                            06:00               Koffie en beskuit

06:30               Gesamentlike stilword voor ons Vader

07:30               Gesprek 1: Oop gesprek....

08:30               Groepbespreking

09:30               Brunchhh!!!

10:30               Gesprek 2: Wegbreeksessies na:

§         manne in die "half time" van hul lewe,

§         manne wat nog hul merk wil / moet maak, 

§         pa's met "kleiner" kinders

§         pa's wat al oupas is

11:30               Groepbespreking

12:30               Wildbesigtiging oor die Krokodilrivier en ontspanning

16:30               Groepbespreking

17:30               Gesprek 3: Saamstel van 'n databasis vir Mannebedieninge

18:30               Aandete!!!

19:30               Saamkuier in die lapa

 

SONDAG                                06:00               Koffie en beskuit

06:30               Ons vier Jesus se opstanding

07:30               Gesprek 4: Ontbyte, mannekampe, weeklikse byeenkomste. Hoe, Wat en Waar?

08:30               Groepgesprek

09:00               Terugvoer en evaluasie

09:30               Brunchhh!!

10:30               Gaan vertel nou vir ALMAL ORAL!!

 

Manne van ander Sinodes of denominasies is baie welkom om dit by te woon - voorkeur egter vir manne van die Oostelike Sinode.

 

Sien jou graag daar!

 

Met liefde in Jesus.

 

Janus Roux                                                                             Dr Louis Louw

Sameroeper : Mannebediening: Oostelike Sinode                 Diensleier : Onderlinge Sorg

082 820 5041                                                                          072 461 6633

012 345 1144 (kantoor)

janusroux@ngelarduspark.org.za                                          louisklouw@absamail.co.za


 

Vir elektroniese of ander betalings:     Skakel Tersia by ons Sinode huis : 012 804 9543.

Tjeks moet uitgemaak word aan : Kampe en Konferensiefonds Oos-Transvaal en gestuur word na  Mannebediening, Posbus 73657, LYNNWOODRIF 0040.

 

 

 

INSKRYWINGSVORM

 

 MANNEBEDIENING  

            

11 - 13 SEPTEMBER 2009                    

 

MAKARIOS TRUST BY KOMATIPOORT     

 

 

 

Naam en Van :           ___________________________________________________

 

Posadres       :           ________________________________________________________

 

                                    ____________________________  Poskode  __________________

 

Kontakpersoon :       ___________________________________________________

 

Tel. Nommer  :           ___________________________________________________

 

Gemeente      :           ________________________________________________________

 

 

Tjeks uitgemaak aan :

 

Kampe en Konferensiefonds Oos-Transvaal.

 

Direkte inbetalings:               ABSA - Lynnwoodrif

 

Rekeningnommer:                1420 440 339

 

 

*           Meld asseblief  "Mannebediening"  by verwysing

 

Faks depositostrokie na:  (012) 804 9462

 

 

Pos asseblief aan :               Mannebediening                                  *   Sluitingsdatum:

                                                Posbus 73657                                         4 September 2009           

                                                Lynnwoodrif 

            0040

 

 

Datum van inskrywing:     ........................................................