Oostelike Sinode
Bedieninge » Onderlinge Sorg » Mannebediening » TERUGVOER - MANNEWERKSESSIE OKTOBER 2008
TERUGVOER - MANNEWERKSESSIE OKTOBER 2008
2009/02/17
Ons eerste mannewerksessie is 16 tot 19 Oktober in die Struwig-Ekoreservaat by die Wildtuin gehou. Dit is deur altesaam vyf leraars en twintig ander manne uit dertien gemeentes in ons Sinode bygewoon.
Janus Roux het die geleentheid op uitnemende wyse georganiseer en gelei. Hoewel dit nie 'n mannekamp was nie, het dit 'n diep geestelike karakter geadem, en is almal wat daar was, buitengewoon versterk. Gemeentes wat al 'n hele ent saam met die Mannebediening kom, kon hul ervaring met die ander deel, en die kleiner gemeentes kon veral moed skep in die wete dat hulle dit met die seën en onder die gesonde leiding van die Sinode aanpak.
Aan die einde is die resultaat van besinning soos volg saamgevat:
Na gebed en gesprek aanvaar ons die Here se roeping om manne te wees wat sal lewe soos Hy wil hê ons moet leef.
Ons wil in gehoorsaamheid aan die Woord leiding neem om volhoubare mannebedienings te vestig, te fasiliteer en in stand te hou, en oor kerkgrense heen ’n netwerk te vestig, ten einde manne toe te rus om as dissipels van Christus
· God in alles te gehoorsaam;
· ’n leefstyl ooreenkomstig sy roeping te handhaaf;
· staande te bly; en
· geestelik volwasse te word.
Ons wil toesien dat Hy as Koning regeer sodat gesinne, gemeentes en gemeenskappe herstel kan word.
Ps 133:3; Num 13:8; 2 Kon 13:18; Deut 11:31-32; Jes 11:1-2; Kol 4:12;
Kol 1:28; 2 Tim 2:2; Ps 118:8-9; Matt 5:16; Mal 4:6; Luk 1:17; Ef 5: 25
Ons is vol vertroue dat hierdie inisiatief vanuit ons Sinode die begin van groot dinge oral in ons Kerk sal wees, en dat manne opnuut besield sal raak en mekaar sal versterk en ondersteun om saam aan God se Koninkryk te bou.


Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

