Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Aanbidding » Musiek » LIEDJIESKRYFKOMPETISIE 2011

LIEDJIESKRYFKOMPETISIE 2011


2011/12/05

 

Baie dankie aan almal wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Daar het 80 inskrywings ingekom. Op 22 November 2011 het VONKK in Potchefstroom vergader en al die inskrywings deurgewerk. Hulle het na 8 ure se luister, beraadslaag en besluitneming op die volgende besluit:

 

13 liedere word dadelik in die VONKK register opgeneem (en gaan volgende jaar verwerk word by hulle volgende vergadering)

13 liedere is na FLAM toe verwys vir hulle beoordeling (en word nie vir hierdie kompetisie in ag geneem nie)

‘n Klomp liedere het nie aan die verskillende afdelings se kriteria voldoen nie, en kon nie vir die kompetisie in ag geneem word nie, maar is wel vir VONKK of FLAM oorweeg.

 

Daar is net in 4 Afdelings wenners aangewys, naamlik:

Nagmaalsliedere – Ons dink aan Jesus met brood en wyn (P Malherbe)

Doopliedere – Heer, U het die eerste word gesê (P Malherbe)

Hemelvaart en Pinkster – Heilige Gees, U die Trooster (P Malherbe)

Kinderliedere – God is lief vir my (A vd Vyver)

 

Baie geluk! Daar sal volgende jaar weer met die wenners gekommunikeer word, maar hou asb die Sinodesitting se datum van 18 – 20 Maart 2012 oop.

 

VONKK oorweeg ook om ‘n werkswinkel te hou vir liedskrywers. As jy daarin sou belangstel, laat weet ons asseblief.

 

‘n Geseënde Kerstyd vir julle almal toegewens en mag 2012 weer ‘n klomp liedere uit julle harte en penne laat vloei.

 

Elna en Tertius

 --ooOoo--

LIEDJIESKRYFKOMPETISIE 2011

Die Oostelike Sinode in samewerking met FLAM en VONKK bied 'n kompetisie aan met die tema: Nuwe Eietydse Afrikaanse Geestelike Musiek.

Met hierdie kompetisie hoop ons om:

* Lidmate te motiveer om musiek te skryf en/of in te stuur, sodat die hele Kerk gedien word.
* Die Afrikaanse liedereskat van die Kerk aan te vul.
* Braakvelde in die kerklike jaar aan te vul met nuwe toepaslike liedere.
* Musiek te kry wat deur die hele gemeente gesing kan word.
* Lidmate te help om musiek deur die regte kanale te stuur ter wille van erkenning.

Administratiewe reëlings rondom die kompetisie

Musiekstyl: Kontemporêr-Klassiek en Meditatief

Daar is 5 afdelings vir hierdie kompetisie naamlik:

Nagmaalsliedere
Doopliedere
Opstandingsliedere
Hemelvaart- en Pinksterliedere
Kinderliedere

 

* Elke afdeling se wenner ontvang 'n prysgeld van R 3000.00.


* VONKK tree as beoordelaars op om die beste komposisies in elke afdeling aan te wys. Al is 'n lied nie 'n wenlied nie, maar goed genoeg vir die Kerk, word dit 'n VONKK-lied. Al die VONKK-liedere sal op die webtuiste
http://www.vonkk.co.za/ verskyn.


* Elke wenkomposisie word tydens die Oostelike Sinode se sitting aan die Kerk voorgehou (hetsy deur komponis self of 'n begeleidingsgroep). Prysoorhandiging vind ook plaas op Sondag 18 Maart 2012 na die aandnagmaal by die NG Gemeente Pierre van Ryneveld in Pretoria.


* Al die liedere  moet die Oostelike Sinode voor of op 17 Oktober 2011 bereik vir die proses van keuring en evaluering.


* Inskrywings beloop R50.00 per lied en daar is geen beperking op die hoeveelheid inskrywings nie.


* Elke inskrywing moet liriek en klankbaan (mp3) insluit. Bladmusiek is ’n sterk aanbeveling.

 


INSKRYWINGSVORM

 

Navrae: Elna de Bruyn by 012 804 9543 of aanbid@sinoos.co.za  of  Tertius Erasmus by 082 371 6438 of tertius@midsuid.co.za