Skip to content | Skip to navigation

Bedieninge » Onderlinge Sorg » Jeugbediening » JEUGBEDIENING

JEUGBEDIENING


2009/03/11

JEUGBEDIENING
Die Jeugbediening bied 'n hele aantal kursusse en kampe gedurende 2007 aan:

SKOOLVERWISSELINGSKAMP 2009

KRUISRIVIERKAMPTERREIN

Vir Gr. 7 leerders wat graag die beste wil maak van hul hoërskoolloopbaan deur vir al die uitdagings en veranderinge voor te berei.

Inligting  vir die ouers:  

Skoolverwisselingskampe het hulself deur die jare heen bewys as een van die sinvolste geleenthede wat die kerk vir ons jongmense bied om hulle vir die veeleisende ho?skoollewe voor te berei en toe te rus.  Die ho?rskool stel beslis toenemende ho? eise aan u kind.  Op hierdie tydstip wil die kerk graag 'n helpende hand uitsteek om u in u begeleidingstaak te sterk met die oog op die aanpassings en uitdagings van die ho?rskool- en tienerlewe.

Moedig gerus u kind en sy/haar maats aan om die kamp by te woon.  Die nut van 'n gebalanseerde program wat 'n wye terrein van tersaaklik en aktuele onderwerpe dek, kan sekerlik nie genoeg beklemtoon word nie.  Daar word beslis ook genoegsame en gesonde ontspanning en speletjies aangebied.

Die kamp word aangebied onder leiding van 'n span goed toegeruste en verantwoordelike personeellede. 

Kruisrivier 
Personeel:    4
November  - 10 Desember 2009

Graad 7's:      6 - 10 Desember  2009

Inskrywings en navrae:

Ds DiF Ehlers
Posbus  790  
Ermelo  -  2350
Tel / Faks:    (017) 811 4530 (h)    

Helené Hallat
Tel:  084 508 1962 na 15:30  

Kampkoste: R350

Bankbesonderhede:
ABSA  -  Ermelo
Rekening No. 405 076 6246

(Tjeks moet uitgemaak word aan Skoolverwisselingskamp)

Sluitingsdatum vir hierdie kampe is twee (2) weke voor kampaanvang.

Inskrywingsvorms sal by alle gemeentes beskikbaar wees. Gemeentes se jeugkommissies en leraars word vriendelik versoek om ons kampaksies te ondersteun deur:

1. Goeie reklame by u eie gemeente se Gr. 7's en hul ouers te doen deur:
    *   Aankondigings
    *   Sameroeping van Gr.7's
    *   Inskrywingsvorms beskikbaar te stel
    *   'n Plakaat op die kennisgewingbord te plaas 

2. Bring asseblief 'n besoek aan u plaaslike Laerskole vir 'n ontmoeting met die Gr. 7's en beskikbaarstelling van inskrywingsvorms.

Skakel gerus met ons indien ons verdere hulp of inligting kan voorsien.

 

VAT 15 KAMP

Kamp vind nie meer plaas nie.



 

WEGBREEKKAMP

Vir Gr. 12 leerders wat klaar is met skool

Hier is 'n COOL WEGBREEK by die see teen 'n prys

wat jy sal kan bekostig!!!

10  tot 18 Desember 2009

Dis by Port Edward, so 30 km anderkant Margate.

DAAR IS ALLES BINNE LOOPAFSTAND:

Sportfasiliteite soos tennis, muurbal, gholf
Restaurante waar jy jou dieetplan kan vergeet
Jy is teenaan die hoofswemstrand
Jou chalet hetsee-uitsig

Jy en jou vriende woon in chalets volledig toegerus met kombuis, badkamer, MNet, beddegoed en eetgerei en ons voorsien twee heerlike etes per dag.

Ons het daagliks 'n strandprogram en aandprogramme wat sorg vir hope vermaak - jy kan geestelik groei en nuwe vriende maak.

Jy hoef nie heeldag by 'n program in te skakel nie want jy het die vryheid om te ontspan soos jy wil.  Hierdie is 'n WEGBREEK AKSIE van die NG Kerk wat al 12 jaar met sukses plaasvind waardeur ons jou ondersteun terwyl jy wegbreek na eksamen.  Die organiseerder is ds. Pieter Malherbe van Witbank met die ondersteuning van dii. Heinrich Viljoen (011) 412 3912 en Francois Taljaard (011) 954 3341.

VERBLYF, VERVOER EN ETES VIR  R1360

SMS of BEL 072 211 5533 of e-pos na

pmlherbe@mweb.co.za

of bel (013) 656 5182