Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » HUWELIKSBEVESTIGERS

HUWELIKSBEVESTIGERS


2008/05/05

1.         Huwelike tussen verskillende rassegroepe

 

1.1       Die swart administrasiewet het verval.

 

1.2       'n Nuwe huwelikswet is op pad.

 

1.3       Volgens die huidige wet, kan enige huweliksbevestiger 'n huwelik tussen 'n man en vrou in die RSA bevestig.

 

1.4       Daar was wel beperkinge aan die Q- en V-nommers gekoppel, maar dit geld nie meer nie.

 

1.5       Binnelandse Sake wil graag dat alle huweliksbevestigers "BD" nommer sal hê, maar dit is nie nou noodsaaklik nie.  Om dit wel te verkry, moet 'n huweliksbevestiger, via die Sinode huis aansoek om hersiene benoeming doen.  Dit geskied administratief, sonder enige toetse byvoorbeeld.

 

2.         Vergoeding van huweliksbevestigers

 

2.1       Binnelandse Sake is baie ernstig daaroor dat predikante nie mag geld vra vir 'n huweliksbevestiging nie.

 

2.2       Hulle haal die wet aan.  (Handleiding  vir Huweliksbevestigers, 1987, Punt 32 op bladsy 16)

 

32.       Gelde betaalbaar aan huweliksbevestigers. - (1)  Geen huweliksbevestiger mag enige gelde, geskenk of vergoeding vra of ontvang nie vir of omrede van enigiets deur hom as huweliksbevestiger ingevolge hier Wet gedoen:  Met dien verstande dat 'n leraar of iemand wat 'n verantwoordelike posisie beklee in 'n godsdienstige denominasie of organisasie, vir of omrede van so iets deur hom gedoen -

 

(a)        sodanige gelde of betalings kan ontvang as wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Wet (1961 - my invoeging) gewoonlik aan so 'n leraar of persoon ingevolge die reëls en regulasies van sy godsdienstige denominasie of organisasie betaal is vir of omrede van so iets wat deur hom ingevolge 'n vorige wet gedoen is; of

 

(b)        die voorgeskrewe gelde kan ontvang.

 

(2)        'n Huweliksbevestiger wat die bepalings van subartikel (1) oortree, is aan       'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van           hoogstens R100 of, by wanbetaling, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van   hoogstens ses maande.

 

30        Kommissaris van ede

 

            'n Huweliksbevestiger kan ook as 'n kommissaris van ede optree - staatskoerant, nommer 19033, 10 Julie 1998, punt 34.