Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Praktiese Getuienis » HEFSIBA VIER GRADEDAG
HEFSIBA VIER GRADEDAG
2011/12/14
HEFSIBA vier Gradedag!
Op Saterdag, 3 Desember, het Kobus Odendaal, verteenwoordiger van die KGA en ds Carl Louwrens, verteenwoordiger van die Oostelike Sinode in Mpumalanga die gradeplegtigheid van Hefsiba in Mosambiek bygewoon.
Uitbundige vreugde het geheers onder die kandidate, vriende en familie by hierdie besondere geleentheid van Hefsiba op Vila Ulónguè in die Tête-provinsie in Noordwes-Mosambiek.
48 Studente het grade en diplomas in Teologie en Psigologie ontvang waarvan sewe die volgende dag as leraars gelegitimeer is. ’n Groot aantal vroue het ook sertifikate ontvang.
Die geleentheid is o.a. bygewoon deur die goewerneur van die Tête-provinsie en verskeie hooggeplaaste regerings-amptenare.
Hefsiba Instituut vir Christelike Hoër Onderwys is die teologiese skool van die Igreja Reformada (Gereformeerde Kerk) in Mosambiek en is sedert 2004 deur die Mosambiekse regering erken as instelling wat grade kan toeken. Meer as 100 studente skryf jaarliks in vir grade in Teologie en Psigologie en hulle beoog om volgende jaar ook kursusse in Sakebestuur en Rekeningkunde te implementeer.
Kobus Odendaal en Carl Louwrens het diep onder die indruk van dié groot geleentheid gekom wat bestaan om waardegedrewe leiers vir ’n snelontwikkelende Mosambiek te lewer.
Na die gradeplegtigheid het sakelui aan Hefsiba ’n pleidooi gelewer om ook op sakegebied kwaliteit opleiding te gee wat werklik die probleem van korrupsie en armoede sal kan aanspreek. Met reuse nuwe steenkoolneerslae wat by Tête ontdek is, ervaar die gebied snelle ontwikkeling en ’n groot tekort aan geskoolde personeel.
Vir die kerk in SA bied dit ’n groot geleentheid om met die jong kerk in Mosambiek hande te vat om hierdie uitdaging aan te pak.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

