Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Aanbidding » Kerklike Jaar » GROOT LYDENSWEEK

GROOT LYDENSWEEK


2011/04/19

GROOT LYDENSWEEK

 

Die viering van die Groot Lydensweek is as't ware die hoogtepunt van die Lydenstyd. Op elkeen van die dae in hierdie week word 'n spesifieke aspek van of gebeurtenis tydens Jesus se lydensweg in herinnering gebring.

 

In aansluiting by die oktawe (tydperk van agt dae) vir die nagwaak voor die Joodse Paasfees, het Markus breedvoerig oor Jesus se laaste week geskryf. In die proses het hy 'n behoorlike liturgie vir die viering van die vroeë Heilige Week daargestel. Hy het vir Palmsondag (11:1, 11), die Maandag (11:12, 19), Donderdag (14:12, 17) en Vrydag (15:1, 25, 33, 34 en 42) selfs spesifieke tydsaanduidings ingevoeg.

 

Met die verloop van tyd het dit gebruiklik geraak om op die volgende dae die volgende gebeurtenisse te herdenk:

 

Sondag (Palmsondag)         Die intog van Jesus in Jerusalem

Maandag                            Die reiniging van die tempel

Dinsdag                              Strydgesprekke in Jerusalem

Woensdag                          Jesus rus in Betanië – Hy word gesalf

Donderdag                         Instelling van die Nagmaal, was van voete, Getsemane

Vrydag (Goeie Vrydag)       Kruisiging, begrafnis

Saterdag (Stil Saterdag)      Jesus in die graf

Sondag (Paasfees)             Jesus uit die graf uit

 

Al hoe meer gemeentes hou gedurende hierdie week elke dag 'n erediens of 'n informele byeenkoms. Op die Donderdag voor Goeie Vrydag is 'n nagmaalsviering gepas en Vrydag kan 'n kruisplanting gehou word. Op Opstandingsondag kan 'n erediens of informele byeenkoms, van voor sonop tot daarna gehou word en 'n gesamentlike ontbyt daarna.

 

Ter wille van maklike verwysing word die sewe uitsprake wat Jesus aan die kruis gemaak het, hier genoem:

 

·                "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!"

·                "Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees."

·                "Daar is u seun … Daar is jou moeder."

·                "My God, my God, waarom het U My verlaat?"

·                "Ek is dors."

·                "Dit is volbring!"

·                "Vader, in u hande gee Ek my gees oor."

 

Gerhard Bothma