Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Gesamentlike Getuienis » GETUIENISFORUM (ds Andries Louw)
GETUIENISFORUM (ds Andries Louw)
2008/07/02
BESTAANSDOEL:
Die Getuienisforum aanvaar die roeping as gesamentlike struktuur van die Sinodes van die NG Kerk en die VGKSA, om vanuit ons gemeenskaplike geloof in die drie-enige God en 'n gedeelde koninkryksvisie, aan God se sending in die wêreld deel te neem. Die Getuienisforum beywer hom daarvoor om die roeping van die Kerk tot getuienis, liefdesdiens en versoening deur 'n nuwe styl van gesamentlike diensgetuienis tussen gemeentes van die twee Kerke te bevorder.
Vir meer inligting: Die webblad van die Getuienisforum is:

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

