Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Gesig na die Wereld » GESIG NA DIE WERELD
GESIG NA DIE WERELD
2011/08/24
GESIG NA DIE WêRELD
Getuienisaksies van Gemeentes
in die Oostelike Sinode
Ons is baie dankbaar dat ons Kerk se getuienis wyd uitgedra word. Gesig na die Wêreld is 'n publikasie wat oor jare die mooi verhaal van die Oostelike Sinode se getuienisbediening weergegee het. Omdat gemeentes se bedieninge konstant verander, het dit weer nodig geword om die inligting op te dateer.
Alhoewel die inligting in die publikasie "Gesig na die Wêreld" gedruk was en ook op die internet beskikbaar was, wil ons dit graag meer toeganklik en eenvoudiger maak ter wille van inligting, netwerkvorming en groter samewerking. Om dit te verwesenlik is dit uiters belangrik dat elke gemeente binne die Sinode so volledig moontlik inligting rakende hulle bediening vir getuienis sal deurstuur.
Aangeheg is 'n 'excel' dokument waarop alle inligting soos volg ingevul moet word:
1. Vul slegs velde in wat 'n wit agtergrond het.
2. Elke projek van die gemeente word op 'n nuwe lyntjie ingevul. Daar is voorsiening gemaak vir 30 projekte.
3. Begin by die gemeente se naam, getuienisbediening voorsitter en kontakbesonderhede (in die wit blokkies).
4. Sekere velde het reeds inligting waarvan gekies kan word, bv soort bediening. Sodra op die sel geklik word, verskyn 'n pyltjie regs van die sel. Klik op die pyltjie en 'n lys van moontlikhede sal verskyn. Kies die korrekte en klik daarop. Indien die korrekte moontlikheid nie beskikbaar is nie, klik weer op die sel en tik die regte inligting in.
5. Vir navrae kontak Corrie 012 804 9543, e-pos getuie@sinoos.co.za
6. Sodra al die inligting volledig voltooi is, stoor die dokument en e-pos dit terug na getuie@sinoos.co.za teen 12 Augustus 2011.
Baie dankie vir jou hulp, ons sal laat weet sodra al die inligting op die webblad geplaas is.
Ds Johan Koen
Diensleier: Bediening vir Getuienis

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

