Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Families » FAMILIES (ds Willie Pietersen)
FAMILIES (ds Willie Pietersen)
2008/07/02
Baie probleme en moontlikhede begin by families. Ons glo getuienis kan ook deur baie praktiese hulp aan families en gesinne 'n verskil maak. Ons sal gemeenskappe wil versterk deur aandag te gee aan huwelike, gesinsprobleme, afhanklikheid en ander maatskaplike probleme. Hierdie Diensgroep is dus 'n natuurlike skakel na die CWR (wat ook deel uitmaak van ons Diensspan) en sal ook aandag kan gee aan Morele Herstel.
Willie wil begin deur die Imago-program in gemeenskappe in ons sinodale area aan te bied, en hy maak gebruik van NG Kerk en VGKSA gemeentes, skole en plaaslike polisiestasies. Die idee is dat gemeentes hierdie program ook in hulle gemeenskappe kan aanbied om sodoende die totale gemeenskap te help genees.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

