Skip to content | Skip to navigation

Bedieninge » Ondersteuningsdiens » Besluite van Sinodesittings » DINSDAG 18 OKTOBER 2005

DINSDAG 18 OKTOBER 2005


2008/05/05

DINSDAG 18 OKTOBER 2005

EERSTE OGGENDSITTING

 

DAGWYDING

 

Dr Hancke van Blerk hanteer om 09:00 die dagwyding volgens die bundel CORAM DEO.

 

--ooOoo--

 

Die Voorsitter, dr Johann Ernst heet almal  welkom.  Hy stel die reëlings in verband met die dag se program.

 

Die vergadering dui met die opsteek van kleurkaarte aan, dat hulle dit goedkeur.

 

PERSONEEL

 

Laat registrasie

 

Pretoria-Faerie Glen:  Fourie Johann

 

Verskonings

 

Carolina:  Prinsloo Thinus

Garsfonteinpark:  Bosman Lourens

Garsfonteinpark:  Taute Johan

Laeveld:  Vermaak Dewald

Marble Hall:  Bester Anton

Middelburg-Kanonkop:  Engelbrecht Lammie

Moreletapark:  Rautenbach Archie

Nelspruit-Suid:  Bosman Johan

Sabie:  Louw Danie

 

--ooOoo--

 

Lief en Leed

 

Ouderling Boet van Wyk en ds Andries Louw verjaar vandag.

 

Dr Sampie Niemand word sterkte toegebid vir die rugoperasie, wat voorlê.  Hy word ook bedank vir die groot werk, wat hy doen met die verloop van die sitting.

 

Dr Nico Smith word in die vergadering welkom geheet.  Sterkte word met sy vrou se gesondheid toegebid.

 

Ds Gert Reinecke word ook welkom geheet.

 

--ooOoo--

 

TERUGVOER

 

Die Voorsitter stel dr Louis Louw aan die woord, om terugvoer oor die vorige dag se kommentaar te

 

gee.

 

--ooOoo--

 

7.               GRONDEISE EN SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING (Bladsy 52 tot 55)

 

Die Voorsitter stel ds Lemmer Venter aan die woord.  Hy lig die fokuspunte van die verslag uit.

 

Tafelgesprekke en terugvoer vind oor tafeltent vyftien plaas.

 

Tafeltent vyftien

 

Deel vanuit plaaslike omstandighede, die ervarings in verband met grondeise en Swart Ekonomiese Bemagtiging.

 

Verdere tafelgesprekke vind oor tafeltent sestien plaas.

 

Tafeltent sestien

 

Wat kan die Sinode doen om gemeentes te help om die lidmate te begelei, dat hierdie sake tot voordeel van die gelowiges, sowel as ons land en die inwoners hanteer kan word.

 

Terugvoer geskied op indekskaarte.

 

7.5             AANBEVELINGS

 

AMENDEMENT VYFTIEN - goedgekeur

 

Voeg in na "konferensie":  " van alle betrokke groepe, ... "

 

Punt Een - goedgekeur soos geamendeer

 

Die Sinode gee 'n aanduiding met die opsteek van kleurkaarte, of daar 'n behoefte bestaan om 'n konferensie van alle betrokke groepe, te hou, waar oor die sielkundige effek, teologies-etiese en praktiese implikasies van grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging besin word.

 

Die vergadering dui aan, dat daar 'n behoefte aan 'n konferensie is.

 

Punt Twee - goedgekeur

 

Die Sinodale Diensraad word versoek om die reëlings te koördineer.

 

 

VOORSTEL NEGE - goedgekeur

 

Die Sinode besluit om ons Kerk se betrokken-heid by die SARK te gebruik, om hulle ondersteuning te kry vir die oplos van sake rondom Grondeise en Swart Ekonomiese Bemagtiging, wat gepaard gaan met opportunisme, onreëlmatighede, vervreemding van mekaar en 'n nuwe rassisme.

 

VOORSTEL TIEN - goedgekeur

 

Die Sinode identifiseer 'n taakgroep om die wêreld/lewensbeskouing wat onderliggend aan die probleem met betrekking tot grondeise lê, te impakteer vanaf plaaslike tot op regerings-vlak.

 

VOORSTEL ELF - goedgekeur

 

Die Sinode versoek die Moderamen van die Algemene Sinode om dringend saam met ander rolspelers, op die hoogste vlak met die Regering te skakel in verband met onreg en lyding wat met grondhervorming verband hou.

 

Die Voorsitter bedank die Diensgroep.

 

--ooOoo--

 

31.             HOMOSEKSUALITEIT (Bladsy 198 tot 201) (Vervolg)

 

31.5           AANBEVELINGS  -  goedgekeur

 

31.5.6         Die Sinode verklaar dat dit die  Sinode se oorheersende standpunt is, dat die beoefening van homoseksualiteit teen die leer van die Bybel is.

 

31.5.7         Die Sinode versoek verdere opheldering oor die term "homoseksuele oriëntasie," wat in die gesprek gebruik word.  Dit sluit ook navorsing oor die oorsake vir homoseksuele gedrag, en die aard van homoseksuele verhoudings in. 

 

Die Voorsitter bedank die vergadering vir die hantering van die saak.

 

--ooOoo--

 

AANKONDIGINGS

 

Die Voorsitter stel "Assogaai" aan die woord, om die aankondigings te doen.

 

--ooOoo--

 

 

VERDAGING

 

Die sitting verdaag om 11:10 vir tee en verversings.

 

--ooOoo--