Oostelike Sinode
Bedieninge » Getuienis » Nood » Diensgroepleier: Ds Arno Meiring
Diensgroepleier: Ds Arno Meiring
2008/05/05
VISIE: Aan die hand van Klaus Nürnberger se navorsing, wil ons 'n visie by gemeentes skep om armoede te verlig. Ons boodskap moet wees dat ryker mense eenvoudiger moet lewe, en armer mense 'n sterk identiteit en roeping het.
Wat moet ons dan doen broers..? Die geweldige probleem van armoede is so omvangryk en alles-omvattend vir die mense wat daarin vasgevang is dat 'n mens nie weet wat om te doen nie. Dit word natuurlik verder gekompliseer deurdat die dinge wat arm mense doen of wat mense van buite doen om te probeer help, soms die probleem erger maak. Mens kan nie niks doen nie, maar 'n mens kan ook nie sommer net iets doen nie. Een van die persone in Suid-Afrika wat die probleem die langste en die diepste geanaliseer het is Klaus Nürnberger. Hy is 'n sistematiese teoloog maar is ook opgelei as ekonoom en het ook 'n ruk lank as landbou-ekonoom gewerk. Dit beteken dat hy beide die tegniese as die menslike en veral die geestelike dimensies van die probleem van armoede verstaan. Die uiteensetting hier onder is aan sy werk ontneem. Dit is kursories en nogal dig in die skuinsdruk saamgevat. Sy basiese analise is dat daar in ons samelewing en tewens in die wêreld as geheel 'n sentrum en 'n periferie is. Soos hy sê, daar is akkumulasies van potensiaal in industriële sentra terwyl daar 'n verswakking van ekonomiese potensiaal in die periferie is wat die periferie laat stagneer. Daar is 'n asimetriese interaksie tussen sentrum en periferie. Dit beteken dat die interaksie tot die voordeel van die sentrum werk, en soms selfs tot die nadeel van die periferie. Die populasie in die sentra bly stabiel terwyl dit groei in die periferie. Dit lei tot 'n groeiende armoede-gaping. Die akumulasie van kapitaal en die groei van tegniese vermoë in die sentrum verhoog die kwaliteit en kwantiteit van produksie in die sentrum. Dit laat die kompeterende vermoë van periferie afneem en lei tot werkloosheid. Die periferie het behoefte maar nie koopkrag nie. Die sentrum het koopkrag maar hulle basiese behoeftes is reeds voorsien. Ten einde die steeds stygende industriële produksie te kan verkoop, moet die vraag daarna kunsmatig onder die bevolking van die sentrum verhoog word. Dit vind plaas deur onder andere die advertensiebedryf. Die gevolg is dat produskiekapasiteit gebruik word om die (kunsmatig aangewakkerde) vraag na luukshede in die sentrum te voorsien in plaas van die behoefes in die periferie. Die proses van behoefteskepping, of beter gesê, begeerteskepping, spoel oor na die periferie waar dit behoeftes kunsmatig verhoog terwyl die kapasiteit om dit te vervul verminder. Dit lei tot 'n vergroting van die armoedegaping. Kompetisie vir skaars bronne sowel as die groeiende verskille tussen ryk en arm, verhoog die potensiaal vir konflik. Dit gaan gepaard met 'n opbou van wapentuig en sekurieit-sisteme. Die groei van die ekonomie in die sentrum en die bevolking in die periferie lei tot 'n vernietiging van die natuurlike omgewing. Tussen die periferie en die sentrum kan daar 'n semi-periferie wees. Nürnberger praat ook van die sentrum van die periferie en die periferie van die sentrum. Binne die periferie kan daar 'n ryk en geindustrialiseerde enklave wees. Op die globale skaal kan die lande in die semi-periferie óf na die sentrum óf na die periferie toe beweeg. Daar is 'n onderliggende kollektiewe bewussyn wat verskil tussen die sentrum en die periferie. Die periferie word gekenmerk deur 'n tradisionele wêreldbeeld wat afhanklikheid bevorder en individualise demp. Die sentrum is individualisties, gerig op materiële groei en word onderlê deur 'n minderwaardigheidsgevoel wat mense dryf tot harder werk. Vanuit hierdie analise van Nürnberger stel hy dan voor hoe daar vanuit Christelike perspektief te werk gegaan moet word om armoede to oorkom. Nie almal moet dieselfde doen nie. Die rykes moet aan die prosesse waaraan hulle deel het iets doen, terwyl die armes aan die prosesse waarvan hulle deel is iets moet doen. Daar is natuurlik ook tereine in die lewe waar die armes en die rykes interaksie met mekaar het daar moet beide iets doen om die patroon te verander. Hieronder is Nürnberger se model van wat ons almal moet doen om armoede te oorkom. Om te dink dat so iets moontlik is moet 'n mens óf 'n naïewe sot wees óf 'n mens met waarlik in God se liefde en almag glo. As Christene glo ons God se weg is die beste. Ook uit die probleem van armoede. Nürnberger stel die volgende doelwitte vanuit sy analise en gegrond op die geloof wat ons belei. Wat die rykes moet doen Negatief Die rykes moet hulle individualisme en onbetrokkenheid oorkom. Hulle moet ophou om kunsmatig behoeftes te skep want dit spoel oor na die armes en hulle moet minder mors want die natuur kan net soveel vat. Positief Die rykes moet 'n skuif maak van kwantiteit na kwaliteit. Dit beteken hulle moet dieper waardes (liefde vir die medemens byvoorbeeld) en breër horisonne (die koninkryk van God) vind. Dit is in elke geval wat die Christelike geloof nog altyd geleer het. Wat die armes moet doen Negatief Die armes moet die verlede oriëntasie en afhanklikheidsmentaliteit wat armoede versterk laat vaar. Hulle moet ook die bevolkingsgroei laat afneem deur minder kinders te hê. Positief Die positiewe kant van die saak is dat die armes hulle volle potensiaal moet ontwikkel. Veral mense wat nie werk nie se potensiaal gaan verlore. Dit beteken die armes moet maniere vind om selfstandigheid en inisiatief te bevorder. Wat ons almal saam moet doen Negatief Ons moet almal saamwerk om die misbruik van mag te beperk. Dit hou in dat ons ons kollektiewe selfsug moet oorkom. Positief Positief gesproke: Ons moet die dinamiek van die sentrum, met ander woorde daardie mentaliteit en tegniek wat die sentrum suksesvol gemaak het, na die periferie kanaliseer. As teenvoeter vir selfsug moet ons wedersydse lojaliteit en verantwoordelikheid aankweek.
Die "Armoede" plakkaat probeer die boodskap tuisbring dat armoede meer te make het met jou lewensuitkyk as met net hoeveel geld jy het. Mense wat min het, kan met moed lewe, terwyl ander wat klaarblykblik meer het, ongelukkiger kan wees. Die iedee is dat ons nie so vinnig mense moet kategoriseer as ryk en arm nie. "Hoekom ek?" moet mense 'n bietjie laat dink. Ons almal glimlag oor die dogtertjie wat haarself jammer kry omdat sy die "slegte" groente moet eet. Ons weet sy is eintlik baie bevoorreg. 'n Tweede vraag wat by jou kan spook is dan juis "hoekom ek?". Hoekom is ek so bevoorreg? Wat maak ek daarmee? "Bring jou kant" is prakties. Die wens (om armoede te verlig) sal net waar word as die wensbeentjie aan alle kante getrek word. Dit word gevolg deur 'n baie onvolledige lys moontlikhede wat u self kan aanvul. Die idee is om mense nie moedeloos te maak nie, maar eerder hoop te gee dat daar baie is wat ons kan doen! "Ons het nie net jou geld nodig nie" raak die probleem aan van almal wat gemeentelede wil betrokke kry by armoede projekte. Geld is nie genoeg nie. Mense moet meer gee: Hul kundigheid, voorbidding, deelname aan projekte en uitreike, ens. Die wonderlike ding is dat ons ook meer kan doen as net geld gee - as jy iemand met menswaardigheid behandel doen jy al klaar baie. 'n Interessante studie het byvoorbeeld getoon dat gemeenskappe waar vrouens aan die kortste ent trek. ARMOEDE

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

