Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Getuienis » Arbeidsbediening » DAGSTUKKIES VIR DIE MARKPLEIN IN BUNDELFORMAAT EN OP CD

DAGSTUKKIES VIR DIE MARKPLEIN IN BUNDELFORMAAT EN OP CD


2011/06/08

DAGSTUKKIES VIR DIE MARKPLEIN IN BUNDELFORMAAT EN OP CD

 

Luther Backer van Imsa Gauteng het pas begin om in samewerking met die aksie Markpleinbediening van Moreletapark NG Gemeente sy e-kerkbydraes vir die arbeidsrubriek E-arbeidsake wat hy die afgelope 5 jaar geskryf het, in afgerolde bundelvorm gebind in A5-formaat sowel as op data- CD beskikbaar te maak.

Die eerste bundel bevat 45 dagstukkies van 71 bladsye en is gerangskik in drie reekse:

REEKS 1:  Dagstukkies 1-24 Die Bergrede.  Wat dit in my werk beteken.

REEKS 11:  Dagstukkies 25-36  Vrugte van die Gees in my werk.

REEKS 111:  Dagstukkies 37-45  Die Leierskapswysheid van Jesus.

Omgeegroepe by die werk sowel as in die gemeente wat in markpleinbediening belangstel, kan die dagstukkies gebruik as onderwerpe vir bespreking of as boodskap vir die dag.

Die data-CD met die dagstukkies op is ook beskikbaar om as e-posbediening aangewend te word.

Bestellings kan geplaas word by Moreletapark NG Gemeente by Marie, tel 012 997 8034 of by e-pos adres m.cronje@moreleta.co.za  Die koste is R15,00 per dagstukkiebundel en R10,00 per CD.  Posgeld en verpakking kos R8,00.

 

Bankbesonderhede:

Moreleta NG Kerk

ABSA Woodlands (tjekrekening)

Rekeningnr: 3490143547

Bestellingverwysingsnr: 3700/650

Stuur bewys van betaling na faksnr 0865003490