Oostelike Sinode
Bedieninge » Onderlinge Sorg » Mentorskap » CV
CV
2011/04/01
Stuur CV na osorg@sinoos.co.za om hierdie geplaas te word.
CV van Mentors in die Oostelike Sinode
Naam en Van: Frans Steenkamp
Gemeente: Witbank-Suid
Telefoonnommer: 013 6563539
E-pos: fsteen@absamail.co.za
Selfoon: 082 4540080
______________________________________________
'n Kort beskrywing van wie ek is:
In Greytown matriek geskryf. My pa was vir 10 jaar die hoof in die kinderhuis daar en ek het dus tussen die kinders groot geword. Het op Pukke en Tukkies geswot en is daarna weermag toe. Ek het 3 jaar gewag vir ‘n beroep. Ek is ‘n buitelewe mens, wat hou van sport, visvang is een van my stokperdtjies. Ek is ‘n gewone dominee in mediese terme ‘n algemene praktisyn. Ek is in die gemeenskap betrokke by die skool en SAVF outehuis en by die CMR.
My lewenservaring is:
10 jaar in kinderhuis gebly, 2 jaar diensplig, getroud en het 4 kinders,
My werkservaring en kwalifikasies is:
2 jaar diensplig kapelaan by Dawidsanggroep, Brandweer en ambulanse bestuur, Solly kramers winkels bestuur, 18 maande pastorale pos by Merlindale gemeente en 17 jaar by Witbank-Suid. BA en BA honns by Pukke en BD by Tuks.
My passie in die lewe is:
Om voluit te leef en vir mense te wys dit is wonderlik om God te kan dien en te kan ervaar op enige plek.
Waarom ek 'n mentor wil wees:
Ek wil net ‘n oor wees vir iemand wat praat nodig het.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken:
Ek kan luister en omgee en moontlik raad gee.
Naam en Van: Jannie van Eeden
Gemeente: Groblersdal
Telefoonnommer: 013 262 2759
E-pos: dsveeden@lantic.net
Selfoon: 082 4597 193
______________________________________________
'n Kort beskrywing van wie ek is: Ek is tans in die bediening as geroepe predikant in Groblersdal en ek dien die Here met alles wat ek het en is. My bedieningsfilosofie is om mense tot geloofsaanvaarding en geestelike volwassenheid te begelei. Gebore en groot geword op die Rand, Matrikuleer aan die Hoër Landbouskool Merensky, Tzaneen, aan Tukkies studeer (moeilike studiejare), getroud met Madeleine Pauw (Arbeidsterapeut) en 4 kinders, 1 seun en vier dogters. 1 Dogter getroud met ‘n boer en 1 kleinseun. Familiegeskiedenis van endogene depressie. (1 Dogter oorlede kort na geboorte.)
My lewenservaring is: ‘n Intense pad saam met die Here al geloop deur swaarkry, maar ook deur goeie tye. Dat my afhanklikheid van die Here belewe word deur my gebedslewe.
My werkservaring en kwalifikasies is: 30+ Jaar in die bediening. BA (Hoofvakke: Afrikaans en Wysbegeerte) Dipl Teol. Verskeie kursusse in Jeugebediening. Stel belang en het heelwat kennis van depressie in al sy vorme. Verskeie kursusse van Nasionale Parkeraad in natuurbewaring en toerisme. Ek was verskeie jare ‘n Ereveldwagter van die destydse SA Nasionale Parkeraad.
My passie in die lewe is: Om die Here te dien met alles wat ek het en is. Hierbenewens lê natuurbewaring en ekologie my baie naby aan die hart.
Waarom ek 'n mentor wil wees: As ek tot nut en diens kan wees vir enigeen wat hulp nodig het, sal dit vir my diens in God se koninkryk wees tot Sy eer. Veral mense wat ly aan depressie.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Dalk ‘n worsteling om die mas op te kom in die bediening. Self ‘n moeilike pad geloop met uitbrandingsindroom.
Naam en Van: Christo de Klerk
Gemeente: Monumentpark-Wes
Telefoonnommer: 012 347 9017
E-pos: 012 347 9017
Selfoon: 083 660 5583
______________________________________________
‘n Kort beskrywing van wie ek is: Drie en Vyftig, getroud, vier kinders. Geniet die see en bos. Het graag fiets gery, “spin” nog gereeld, is ’n lees-verslaafde, lees van Louis Lemour tot Richard Rohr. Het al jare ’n groot aantrekkingskrag tot die mistieke spiritualiteit ontwikkel.
My lewenservaring is: Vyf en twintig jaar predikant, vier en twintig jaar getroud. Egskeidingsbemiddelaar, pastorale terapeut.
My werkservaring en kwalifikasies is: Nagraadse studies in Gemeentebou, Pastorale Terapie en Bybelse Spiritualiteit. Geniet die liturgie, preek en pastoraat van die bediening geweldig.
My passie in die lewe is: Om mense te begelei om die lewe in oorvloed wat God-Drie-Enig vir ons gegee het te geniet.
Waarom ek ‘n mentor wil wees: Ek is baie hartseer as ek dikwels sien dat dominees, wat ook mense moet lei tot lewe in oorvloed, pessimisties, depressief, hopeloos is. Ek sal dit graag wil verander.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Met my lewenservaring en as gevolg van my verdere studies kan jou begelei om meer vreugde te put uit alle verhoudings: met God, jou lewensmaat, jou kinders, jou gemeente.
Naam en Van: Ds Sarel Visser
Gemeente: Moreletapark
Telefoonnommer: 012-9978062
E-pos: sarel.visser@moreleta.co.za
Selfoon: 082 895 1982
______________________________________________
'n Kort beskrywing van wie ek is: Is 24 jaar by Moreletapark, baie groot mega gemeente. Is deel van die leierspan. Bedienings behels veral gemeentebestuur, siekesorg en seniors.
My lewenservaring is: Is 29 jaar getroud. Pa van twee volwasse kinders. Tipiese bedieningservaring van groot gemeente.
My werkservaring en kwalifikasies is: Gewone teol kwalifikasie plus 'n M Div in gesinsberading, tema Mannebediening
My passie in die lewe is: Om mense in fisiese nood te help, insig in die Woord, om voluit te lewe.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek kan 'n mentor wees vir iemand.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Kan jou van myself deel en my insig oor jou lewe deel.
Naam en van: Dr. Louis Louw
Gemeente: Pretoria-Oosterlig
Telefoonnommer: 012-9931574
Selfoon: 072-4616633
E-pos: louisklouw@absamail.co.za
___________________________________
Ek het in 1973 by Tukkies afgestudeer, nog vier jaar voltyds in Nederland en op Stellenbosch, en is nou al meer as dertig jaar predikant – aanvanklik in ‘n eenmansgemeente in die Vaaldriehoek en sedert 1985 in die makrogemeente Pretoria-Oosterlig met baie kollegas.
My groot belangstelling was nog altyd die Praktiese Teologie, by name Gemeentebou en in die afgelope tyd ook Bybelse Spiritualiteit. Op ’n stadium was ek baie betrokke by Dinamiese Gemeentebou, ’n vernuwingsbeweging in die NG Kerk wat groot klem gelê het op koinonia, dissipelskap en kleingroepe. Ek lees graag boeke oor eietydse, missionêre kerkwees.
My vrou is ’n kliniese sielkundige en die Here het ons geseën met vyf kinders, waarvan die oudste agt jaar gelede dood is as gevolg van depressie. Twee van ons dogters het intussen self afgestudeer as predikant.
Integriteit en respek vir mense is lewenswaardes wat ek hoog aanslaan en vriendskap is vir my kosbaar. Per slot van sake gaan alles in die lewe vir my oor verhoudings. Volgens die Afrika-spreuk: ’n Mens is ’n mens deur mense.
Verder reis ek graag en is lief vir fotografie, skryf ook graag.
As jy daaraan behoefte het, sal ek graag na jou lewensverhaal luister en myne met jou deel sodat ons ’n stukkie lewenspad saam kan loop om nuwe horisonne te verken. Mag dit jou roeping bevestig en jou bedieningsvreugde vermeerder.
Naam en van: Ds Pieter Malherbe
Gemeente: Witbank
Telefoonnommer: 013 656 5182
E-pos:
Selfoon: 072 211 5533
__________________________________________________
Ek is..... Pieter Malherbe, getroud met Engela, twee kinders op Universiteit. Een van drie leraars in Witbank Moedergemeente, 23 jaar in die bediening.
My lewenservaring is: Ek is gemaklik met een-tot-een gesprekke en kan planmatig te werk gaan, persoonlike trauma verwerk, besef die noodsaaklikheid van steunstelsels in my lewe.
My werkservaring is: Ek is tans in my tweede gemeente medeleraarskap in eerste gemeente was as jong man saam met twee veel ouer manne. Ek het geleer hoe om konflik met kollegas en kerkraad te hanteer.
My passie is: Pastoraat en evangelisasie, dus een tot een gesprekke waar heling nodig is.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek ontvang energie uit sinvolle verhoudings waar ek waarde kan toevoeg en ook ontvang. Ek het mense lief en het baie geduld en deernis.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek kan jou help om trauma te werwerk en konflik te hanteer, om perspektief te behou, om jouself te aanvaar en ander wat van jou verskil te aanvaar.
Naam en van: Danie Dreyer
Gemeente: Tygerpoort
E-pos: daniedr@ngtyger.com
Telefoon: 012 807 0815 (h)
012 809 0107 (w)
Selfoon: 082 334 0871
My lewenservaring is: Wye belangstelling op kerklike terrein. Stabiele agtergrond en vorming. Goeie akademiese kwalifikasies. Praktiese ervaring in gemeente en gemeenskap.
My werkservaring is: 32 Jaar in die bediening. Gemeente groei van eenman na medeleraarskap. Medeleraarskap. Organisasie, beplanning en leierskap.
My passie is: Gemeentelike prosesse. Persoonlike ontwikkeling. Navorsing en nadenke. Gesin, sport, vryetydsbesteding buite beroep.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Besluit nog. Sal nog verder besin mbv mentor
Wat kan ek as mentor vir jou beteken:_________________________________________________________________
Naam en van: Piet Hattingh
Gemeente: Middelburg Moedergemeente
E-pos: piet@witkerk.co.za
Telefoon:
Selfoon: 083 453 1488
My lewenservaring is: Die oorgang van 'n sekulêre werk na die bediening toe ek 24 jaar oud was. In een groot plattelandse gemeente vir 20 jaar. Die oorgang van 'n eg tradisionele bedieningstyl na 'n meer liggaams-georiënteerde bediening. Ook groot oorgang in aanbiddingstylbestuur
My werkservaring is: 20 Jaar in dieselfde gemeente. 'n Plattelandse gemeente met beide werkers in die industriële wêreld, boere, plotbewoners en bejaardes. Die tradisionele probleme van 'n ou moedergemeente in 'n groot dorp.My passie is: Suiwer woordverkondiging, om gemeentelede te begelei tot Bybelse denke en 'n Bybels-gesentreerde leefstyl. Om die Bybel relevant in vandag se lewe te maak.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Die Here het in die afgelope 20 jaar in besondere pad met my geloop; my toegelaat om suksesse te behaal en uit my foute te leer - hierdie ondervinding sal ek graag met ander wou deel.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: My suksesse en mislukkings eerlik met jou deel. Om by te dra daartoe dat jy God se werk op Sy manier doen om Hom te verheerlik.
_________________________________________________________________
Naam en van: Hardus van Niekerk
Gemeente: Middelburg-Suid
E-pos: hardus@midsuid.co.za
Telefoon: 013 244 2210
Selfoon: 082 493 4055
Ek is: Getroud met Lin, 'n onderwyseres en tans kantoordame by 'n laerskool. Het 2 seuns van 7 en 10 jaar oud.
My lewenservaring is: Predikant vir 14 jaar. Betrokke by skole in.My werkservaring is: Predikant vir 14 jaar in Middelburg-Suid. Jeugleraar. Bied kursusse aan in jeugbediening, ervaringsleer, ensovoorts. Heelwat ondervinding in gemeentebestuur / admin personeelsake.
My passie is: Jongmense; kinders en gesinne.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek glo dat ek veral in die geval van jong leraar / studente kan help om die praktyk-skok vir leraars te absorbeer en te help dat leraars sy plek in die kerk vind.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek onderneem om te luister en raad te gee soos moontlik. Andersins 'n proses te fasiliteer waarmee antwoorde ontdek kan word. Ek kan help in gevalle waar veral die jeug deel van jou verantwoordelikheid is, asook met die administratiewe kant van gemeente-wees. _________________________________________________________________
Naam en van: Carel Pienaar
Gemeente: Nelspruit-Suid
E-pos: carel@ngnelspruitsuid.co.za
Selfoon: 082 857 1988
My lewenservaring is: Ek is 24 jaar getroud met twee seuns. Besondere geloofsbeproewing gehad deurdat ek 10 jaar op 'n beroep gewag het. Verskeie poste in die sekulêre wêreld beklee.
My werkservaring is: Binne kerkverband is ek betrokke by alle aspekte van gemeente bediening met fokusareas : Jeug, uitreike, musiek, drama en elektroniese bediening.My passie is: Die lewe - om die volheid van die lewe te ervaar soos wat Jesus dit beloof het.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Om iemand wat 'n behoefte daaraan het; te ondersteun;na te luister; merkers te gee en saam te bid om lewens- en bedieningsvreugde te ervaar.Wat kan ek as mentor vir jou beteken: 'n Eerlike, nederige vertroubare en betroubare persoon, om jou te ontmoet en 'n stukkie van jou pad saam met jou te stap.
_________________________________________________________________
Naam en van: Tertius Erasmus
Gemeente: Middelburg-Suid
E-pos: tertius@midsuid.co.za
Telefoon: 013 282 8342
Selfoon: 082 371 6438
Ek is: Getroud met Christa sedert 1984 en het 2 kinders, Marilize en Johan. Ek is sedert 1996 predikant in Middelburg. Ek is in die finale jaar vir my P4D in huweliks- en gesinsterapie by NWU.
My lewenservaring is: Ek was vir 12 jaar lank in die SAP as polisieman. Ek het in verskeie kore gesing en was drie keer saam met kore oorsee vir kompetisies - laaste keer as organiseerder. Ek was al in Turkye, Griekeland en Rusland vir predikantswerk.My werkservaring is: Spesialiseer in huweliksterapie, huweliksverrryking, gesinsterapie en huweliksvoorbereiding. Baie betrokke by musiek ontwikkeling van Bybelskool materiaal saam met Sinode. Reeds 19 jaar in die bediening - 2de gemeente.
My passie is: Prediking }
Toerusting }
Terapie }
Musiek } Ontdekking van God se wese en plan daarbinne.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek het 'n lang pad met God geloop, vanaf my roeping in 1976 tot my bevestiging 1992 as predikant. Ek het die ervaring van 'n plattelandse eenmansgemeente en die kollegaskap van 'n gemeente met 4 leraars beleef.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken:
My menswees }
My geskiedenis }
My opleidingspad }
My gesinsopset }
My omgee } Dalk kan ek dit met jou deel maar ook by joune leer.
_________________________________________________________________
Naam en van: Johan Taute
Gemeente: Lux Mundi
E-pos: jtaute@luxmundi.org.za
Telefoon: 012 998 9937 (h)
012 993 5908 / 6 (w)
My lewenservaring is: Ervaring van 'n verskeidenheid van gemeentebedieninge vir 21 jaar in groot gemeentes. Ervaring van Spanwerk. Ervaring van Konflikhantering.
My werkservaring is: Nelspruit-Westergloed : 1990 - 2001; Lux Mundi gemeente : 2001 - hede; Pharos Gemeenskapsentrum 2009 - hede.My passie is: Missionêre gemeentewees. Geestelike leierskap.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Om diensbaar te wees. Om lewenservaring, kennis en vaardighede te deel.Wat kan ek as mentor vir jou beteken: 'n Oor wat luister. 'n Veilige ruimte. 'n Klankbord. Nuwe perspektiewe om te oorweeg. Geestelike begeleiding. Voorbidding.
_________________________________________________________________
Naam en van: Rudolph Scharneck
Gemeente: Witbank-Panorma (Pastorale hulp)
E-pos: rudolphschar@gmail.com
Telefoon:
Selfoon: 074 125 9327
Ek is: Rudolph Scharneck. Ek is pastorale hulp by NG Gemeente Witbank-Panorama.
My lewenservaring is: Ek het al met mense wat deur ernstige gesinstrauma gaan paaie gestap vir lang tye. Ek het met drankmisbruik te doen gekry in gesinne en het al gehelp met baie pyn.
My werkservaring is: Ek het vir die duur van my studies jeugwerk gedoen by verskillende gemeentes. Ek is nou pastorale hulp sedert ek einde 2010 met my studies klaargemaak het.
My passie is: Mense met moeilike gesinsomstandighede. Prediking. Akademiese navorsing. Nadink oor die rol van die kerk in ons land. Aktuele sake in die kerk.Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek glo ek kan mense begelei om hulle omstandighede te hanteer. Ek glo ook dit wat God vir my gekies het in die lewe mag ook vir ander van waarde wees.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek kan vir jou help om 'n meer gebalanseerde mens te wees wat krities dink oor die lewe en oor God se werk. Ek kan jou begelei om 'n moeilike situasie in jou gesin te hanteer en dalk 'n ander ingesteldheid daaroor te ontwikkel._________________________________________________________________
Naam en van: Marnette van Rensburg
Gemeente: Lux Mundi
E-pos: mjvrensburg@luxmundi.org.za
Telefoon:
Selfoon: 082 900 9312
Ek is: Marnette van Rensburg. NG Gemeente Lux Mundi.
My lewenservaring is: Lang verhouding met God; belewenis van 'n lang voorbereidingsproses. Lidmaatskap van 'n organisasie wat mens leer van toespraak-maak en vergaderings hou / lei. Huwelik (positief én moeiliker)My werkservaring is: Om eie besigheid te bedryf in "sekulêre" wêreld. Om nuwe bediening te vestig, ontwikkel preek; berading / pastoraat; siekebegeleiding.
My passie is: Prediking; Huwelike; Persoonlike groei en ontwikkeling.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek het 'n passie daarvoor om in ander mense se lewens in te bou. 'n Bydrae te lewer wat dalk vir hom / haar iets kan beteken.Wat kan ek as mentor vir jou beteken: As "gewone" mens wil ek graag deel wat ek dalk al weet, en jy dalk wil weet / leer. Om saam met iemand te journey, sal vir my 'n voorreg wees.
_________________________________________________________________
Naam en van: Jaco van Niekerk
Gemeente: Ermelo
E-pos: jacovanniekerk.ermelo@gmail.com
Telefoon: 017 811 5624
Selfoon: 082 804 1810
Ek is: Jaco van Nierkek, 46 jaar oud en reeds 20 jaar lank predikant van NG Kerk Ermelo. Ek is getroud met Sonja, 'n maatskaplike werker en ons is die ouers van 'n 18-jarige seun en 15-jarige dogter.
My lewenservaring is: Ek kom uit 'n stabiele agtergrond en is die 2de van drie seuns, waarvan die oudste oorlede is. Ek het voltyds aan UP gestudeer, was daarna 'n diensplig kapelaan in die Lugmag, en sedert 1990 predikant op Ermelo. Ek is ook betrokke by CMR Ermelo en CMR Mpumulanga sedert 1992.
My werkservaring is: Ek is 'n gewone "GP" - dominee wat alles doen en was reeds in vier medeleraarskappe. Ek was betrokke by vernuwings- en herstruktureringsprosesse van ons gemeente tot die dinamiese geloofsfamilie wat ons tans is. Ek het 'n M-Div Graad in NT Teologie en Etiek.
My passie is: Om lidmate te begelei om 'n lewe te leef wat ooreenstem met die geloof wat hulle bely. Ek span alle metodes hiervoor in ; prediking, pastoraat, huisbesoek, kleingroepe, diensgeleenthede, die ontwikkeling van persoonlike visie by lidmate, ensovoorts.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Die eise van lewe in die 21ste eeu vra dat enigiemand wat sy geloof in sy elke-dag se lewe wil laat neerslag vind, soms hande moet uitsteek vir begeleiding. Twintig jaar se lief en leed, vreugde en insinkings in die gemeente het my toegerus en wil graag hierdie kennis en ervaring deel.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek kan jou help om slaggate lans die pad te vermy, saam met jou worstel met die probleme wat jy van-dag-tot-dag ervaar, agter jou staan wanneer jy dalk ernstige besluite moet neem en jou oor die algemeen motiveer om dit waarmee jy besig is, die beste te doen wat jy maar kan! Ek wil jou met ander woorde hel om jou Godgegewe roeping te ontdek en uit te leef._________________________________________________________________
Naam en van: Johnny van Zyl
Gemeente: Machado-Boven
E-pos: johnnyvanzyl@telkomsa.net
Telefoon: 013 256 0028
Selfoon: 082 803 3777
_______________________________________
My lewenservaring is: Ek is 57 jaar oud. Tegnies gematrikuleer. Sewe jaar gewerk. Begin studeer. 27 Jaar in die gemeentebediening. Getroud met 2 dogters en 1 seun uit ons huwelik gebore.
My werkservaring is: 27 Jaar in die gemeentebediening. Heilbron-Suid, Rundu, Rietkuil, Nelspruit-Suid, Komatipoort, Malelane, Machado-Boven.My passie is: Prediking, Teologiese studies, Pastorale besoekwerk en verhoudingsbou.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Beskikbaar om my lewenservaring en verhaal met 'n medereisgenoot op die geloofspad te deel tot verryking van beide en 'n moontlike mentorskap.Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek kan bied: Begrip; Omgee; Liefde; Beskikbaarheid; Vertroulikheid.
_______________________________________________________________
Naam en van: Elmo Pienaar
Gemeente: Nie tans betrokke by 'n gemeente nie.
Was by Pierre van Ryneveld
E-pos: elmopienaar@gmail.com
Selfoon: 082 410 7645
_______________________________________
My lewenservaring is: Agt jaar getroud en het twee klein kids (2 jaar en 8 maande). Gepromoveer in Praktiese Teologie. Goeie ervaring in spanterapie prosesse en organisasie sisteme. Entrepreneursvaardig onderlê en het twee besighede opgebou.
My werkservaring is: Tien jaar in die bediening gewees en het op 'n verskeidenheid maniere my bediening as leraar uitgeleef vanaf Jesus tot alternatiewe dienste tot die agenda van ons menswees en lewenskuns tot musiek direkteurskap en kunste bedieninge.
My passie is: Persoonlike en groepsontdekking van heelheid in Christus. Missionêre gemeenskappe vestig. Ontwikkeling van bedieninge en organisasies rondom strategie, kultuur, veranderings, spanne.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek glo in die filosofie van om in die lewe beide 'n mentor en mentee te wees. Doen lewe beter.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Kan help om kreatiewe moontlikhede te ontgin. Ek skep graag 'n ruimte waar jy kan wees en gehoor word en dan verantwoordbaar gehou word vir wat ons saam besluit.
_________________________________________________________________
Naam en van: Jannie du Plessis
Gemeente: NG Gemeente Elarduspark
E-pos: jjhduplessis@telkomsa.net
Telefoon: 012 345 2042
Selfoon: 084 504 3067
My lewenservaring is: Opgegroei in 'n pastorie (platteland). Studeer UP. Getroud met 4 seuns van wie 2 getroud is. Jongste 2 voltooi tans teologiese studie. Ken persoonlike trauma as gevolg van ernstige beserings ná motorfietsongeluk. Eggenote gee onderwys.
My werkservaring is: Bediening van plattelandse en voorstedelike gemeentes - laaste 20 jaar in makro-gemeente. Bedieningsfokus (in bogenoemde omgewing) op ouer- en kinderbediening (insluitend doopvoorbereiding, ouerleiding, ensovoorts) en pastorale terapie. Ook baie ervaring van selgroepe en saamwerk met kollegas.My passie is: Om ander mense, (ook leraars) te begelei in die opwinding (en laagtepunte) van 'n lewe in diens van Christus en sy Koninkryk. Ook baie lief vir die natuur.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Ek glo dat ek uit eie ervaring baie het om uit te deel. Is ook gretig om by ander te leer. Ek weet wat mentors al vir my beteken het.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Kan jou help om teleurstellings en teenstand te hanteer en krisisse in geleenthede te omskep, ook hoe om 'n ritme . van werk en ontspan te vestig.
_________________________________________________________________
Naam en van: Willem Esterhuizen
Gemeente: Witbank-Panorama
E-pos: wester@vodamail.co.za
Selfoon: 082 430 4328
_______________________________________
My lewenservaring is: As kind groot lewenslesse geleer en deur diep waters moes gaan om dit te leer.
Verstaan die wêreldse druk en sy klappe wat hy jou toedien.
Weet hoe om oorwinning te behaal daaroor.
My werkservaring is: Ken die koöperatiewe wêreld. Was 'n stoomspesialis en verstaan ware roeping om 'n loopbaanskuif te maak. Tans is ek leraar van 'n gemeente.
My passie is: Mense. Ek het 'n hart om die evangelie van Christus te verkondig en mense te bemagtig om dit ook te doen. Ek het 'n passie vir kerklos mense en 'n pad met hulle te stap. Ek het 'n passie vir kinders.
Waarom ek 'n mentor wil wees: Sodat die Heilige Gees my meer effektief in Sy Koninkryk kan gebruik en mense lewens kan aanraak.
Wat kan ek as mentor vir jou beteken: Ek kan jou die liefde van God wys, vir jou omgee, enduit by jou staan en wys dat daar sin die lewe vir jou is. Ek kan jou aan die hand vat, jou uit die "put" haal en jou lei na waar jy moet wees om 'n gelukkige vervulde mens te wees.
_________________________________________________________________

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

