Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Bedieninge » Getuienis » CHICS » CHICS PROJEK

CHICS PROJEK


2011/08/24

               CHICS Projek  (Church Household Interface Care and Support)

(dr Montagu Murray en ds Erik Immelman)

 

               ’n CHICS program is daarop gerig om die netwerk van rolspelers wat oor brose kinders besorg is, bymekaar te bring en te versterk.  Die CHICS program se visie is dat alle kinders in Suidelike Afrika in gesonde huishoudings opgroei.

              Die CHICS program se standpunt is dat die kerk ’n positiewe rol kan speel om ’n gesonde huishouding kultuur te bevorder.  Die program bied ’n geleentheid aan gemeentes om prakties ’n positiewe verskil in hulle plaaslike gemeenskappe te maak.

               Huidige programme – Die een is in ’n plattelandse omgewing (Ohrigstad) en een in ’n stedelike omgewing, Nellmaphius. Lydenburg is ook geinteresseerd.

               Die voordeel vir die Oostelike Sinode is dat ons ’n model ontwikkel wat plaaslike gemeentes help om die bestaande netwerk van bronne te ontsluit ten bate van brose kinders.  Ons neem twee toets gemeentes en vestig die model daar.  Ander gemeentes in die Sinode kan ook intussen begin om verhoudinge te bou en sodra die projekspan tevrede is dat die projekte volhoubaar is en aan ’n goeie standaard voldoen, kan dit ook in ander gemeentes in die sinodale gebied gedupliseer word. Die kerk kan werklik 'n sinvolle bydra maak en kinders op groot vlak bereik.  Dit neem tyd maar ons moet nie moedeloos raak nie. 

               Ons is opgewonde oor die vordering wat met die projek gemaak word, dat dit mooi in Ohrigstad van die grond af kom en dat die belangstelling van ander rolspelers begin werk om by die projek betrokke te raak (byvoorbeeld die Amerikaanse groep wat beoog om die projek in Junie te besoek en ’n plaaslike industrie te vestig).