Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KONINKRYKSTYD

Woordwyser vir 28/01/12
Jeremia 43:1-7

Epifanie
Jeremia, sê vir ons wat God wil hê ons moet doen, en ons sal dit stiptelik uitvoer." (42: 5) "Jeremia, jy lieg, dit is nie God se woord nie, maar Baruk se wense! Ons gaan doen wat ons reeds besluit het om te doen." (43:2-3) Omstandighede in Juda was nie aangenaam nie. Daar was geen wet en orde meer nie. Buitelanders het geroof en gemoor. Die toekoms was duister. Die Babiloniërs wat hulle stad ingeneem en hulle tempel vernietig en hulle leiers in ballingskap weggevoer het, was steeds in beheer. Kan mens enigiets goeds van hulle verwag? Egipte daarenteen, het rustig en voorspoedig gelyk. Daar was plek om nuut te begin. Buitendien het hulle 'n historiese band met Egipte gehad. Was dit nie waar Josef koning was nie? In Juda was daar twee faksies –  die ryers en die blyers. Die een groep wou te midde van die probleme 'n lewe en toekoms uitkerf. Die ander dink die situasie is onomkeerbaar ongunstig en sien in Egipte uitkoms. Wie is reg? Geen wonder hulle wou by God 'n finale antwoord kry nie. Toe pas die antwoord nie by hul voorafgenome besluit nie en hulle verwyt vir Jeremia. Wat maak jy as God se antwoord nie met jou behoeftes strook nie?
Kalendar
Nuus
KORTNUUS 90
27 Januarie 2012   KORTNUUS 90   Pieter Dorey skryf soos volg na aanleiding van die vloed in Hoedspruit: Baie dankie vir al die gebede en belangstelling.  Dankie dat ons op die Sinode-familie kan staatmaak. Die vervoe....

FAMILIEBRIEF 2012/3
25 Januarie 2012   GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE   WET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, WET 2 VAN 2000   Graag  haal ek gedeeltes van die brief van ds Bossie Minnaar oor die saak aan:   Gemeen....

DIE BELYDENIS VAN BELHAR
Die Belydenis van Belhar 1986. lees meer...
PERSONEELAANGELEENTHEDE
Die toepaslike inligting met betrekking tot die volgende aspekte word beskikbaar gestel deur op elke aspek te kliek. Om te druk nadat oopgemaak is, d.... lees meer...